Ver­stap­pen staan voor groot toets

Beeld - - Motors - Hen­drik Ver­woerd

Red Bull Ra­cing se aan­kon­di­ging ver­le­de week dat sy jong Rus­sie­se ja­er Da­niil K­vy­at on­mid­del­lik sit­plek­ke met die nog jon­ger Max Ver­stap­pen by Toro Ros­so gaan ruil, het vir baie soos ’n don­der­slag ge­kom. K­vy­at self het dit waar­skyn­lik die min­ste ver­wag.

Die on­mid­del­li­ke in­ter­pre­ta­sie was dat hy die prys be­taal het vir sy bot­sings teen Se­bas­ti­an Vet­tel in die Rus­sie­se Grand P­rix die vo­ri­ge Son­dag. Nie net het dit die voor­ma­li­ge Red Bull-man – wat vier ja­ers­ti­tels vir hul­le in­ge­palm het – sy wed­ren ge­kos nie, maar K­vy­at het ook dié van sy eie s­pan ge­ru­ï­neer. Ont­le­ders is dit eg­ter eens dat K­vy­at se ma­ne­wa­les in So­chi waar­skyn­lik net die laas­te s­trooi was.

Red Bull se mo­tor­sport­hoof, Hel­mut Mar­ko, ver­wag niks min­der as die bes­te van sy ja­ers nie en se­dert K­vy­at ver­le­de jaar Vet­tel se plek in­ge­neem het, het hy in die al­ge­meen nie die mas op­ge­kom nie.

Voor dit het die 22-ja­ri­ge net een sei­soen in F1 ag­ter die blad ge­had en hoe­wel hy ’n paar ste­wi­ge ver­to­nings ge­le­wer en selfs sy hoog­aan­ge­skre­we span­maat, Da­niel Ric­ci­ar­do, op die pun­te­leer ge­klop het, was hy nie be­sten­dig ge­noeg nie. Hy het hier­die sei­soen dus ’n goeie be­gin no­dig ge­had om sy plek langs die Aus­tra­li­ër te ver­se­ker. On­ge­luk­kig vir hom het hy in die eer­ste twee ren­ne swak ge­kwa­li­fi­seer.

Hoe­wel hy in C­hi­na ’n po­di­um­plek be­haal het, word daar­op ge­wys dat Ric­ci­ar­do in die­self­de wed­ren weens ’n pap wiel sy pad van 18de af tot vier­de oop­ge­veg en boon­op min­der as se­we se­kon- des ag­ter K­vy­at ge­ëin­dig het.

Was dit nie vir die voor­val­le in die vol­gen­de ren in Rus­land nie, was K­vy­at waar­skyn­lik nog nie sy sit­plek kwyt nie, maar an­der fak­to­re het ook ’n rol in Mar­ko se be­sluit ge­speel.

Dit is al­ge­meen be­kend dat Mer­ce­des en Fer­ra­ri in Ver­stap­pen se diens­te be­lang stel.

Die 18-ja­ri­ge Ne­der­lan­der het met die in­trap­slag in sy eer­ste F1-sei­soen ver­le­de jaar groot in­druk ge­maak met sy jaag­ver­nuf en mo­tor­be­heer en word in F1­krin­ge as ’n po­ten­si­ë­le wê­reld­kam­pi­oen be­skou.

Red Bull het hom ver­le­de jaar ’n kon­trak van drie jaar aan­ge­bied, waar­van hy die eer­ste twee by Toro Ros­so sou deur­bring voor­dat hy vol­gen­de jaar Red Bull toe sou gaan.

Maar Mer­ce­des én Fer­ra­ri het elk­een vol­gen­de jaar moont­lik ’n oop sit­plek, want Ni­co Ros­berg en Ki­mi R­äik­k­ö­nen se kon­trak­te ver­stryk ein­de 2016.

Mar­ko wou dus voor­kom dat dié twee reu­se met ’n wa­ter­tand­aan­bod na Ver­stap­pen kom. Aan­ge­sien hy in elk ge­val vol­gen­de jaar waar­skyn­lik K­vy­at se plek sou in­neem, is dié stap nou net ver­vroeg. Nog ’n fak­tor wat ’n rol ge­speel het, is dat s­pan­ning by Toro Ros­so tus­sen Ver­stap­pen en die s­pan ont­wik­kel het.

Hy het in Aus­tra­lië ’n he­wi­ge woor­de­wis­se­ling oor die ra­dio met die span­le­de in die kui­pe ge­had om­dat hy on­te­vre­de was dat hul­le nie sy S­paan­se span­maat, Car­los Sai­nz, aan­ge­sê het om hom te laat ver­by­kom nie. Vol­gens be­rig­te was die span­baas, Franz Tost, in Rus­land ook vies vir stra­te­gie­be­slui­te wat Ver­stap­pen se kant van die s­pan ty­dens kwa­li­fi­se­ring ge­neem het.

Sy ver­skui­wing na Red Bull kan dié po­ten­si­eel plof­ba­re si­tu­a­sie dus ont­lont, ter­wyl dit ter­self­der­tyd vir K­vy­at uit die kol­lig neem na­dat hy on­der he­wi­ge kri­tiek deur­ge­loop het oor die voor­val­le in Rus­land.

Die vraag is of Red Bull nie dalk die­self­de fout met Ver­stap­pen be­gaan as toe hul­le K­vy­at ná net ’n jaar se F1-on­der­vin­ding na hul top­span ver­skuif het nie.

Ver­stap­pen het klaar­blyk­lik meer na­tuur­li­ke ta­lent as K­vy­at, maar hy het ook maar net meer as ’n jaar se on­der­vin­ding van F1. Die Red Bull-kom­buis is baie warm en as hy nie die res van die sei­soen vir Ric­ci­ar­do be­hoor­lik ore aan­sit nie, kan hy hom ook in die koue be­vind.

Die eer­ste ge­leent­heid om te sien of hy die hit­te sal kan weer­staan, is die S­paan­se Grand P­rix hier­die na­week in Bar­ce­lo­na.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.