8­ja­ri­ge toor met ’n kon­ser­ti­na

8­ja­ri­ge leer ’n lied in min­der as ’n mi­nuut

Beeld - - Front Page - Ren­eil­we Dhludhlu

Dans is nie die agt­ja­ri­ge Ko­sie Beu­kes se ding nie; die kon­ser­ti­na is.

Ko­sie is Suid-A­fri­ka se jong­ste kon­ser­ti­na­spe­ler en met sy rat­se vin­gers het hy sy pad na Los An­ge­les oop­ge­speel.

Ko­sie, ’n gr. 3-leer­ling aan die La­er­skool Wit­field in Boks­burg, neem in Ju­lie aan die wê­reld­kam­pi­oen­skap vir uit­voe­ren­de kuns­te deel na­dat hy op die Suid-A­fri­kaan­se kam­pi­oen­skap vier goue me­dal­jes ge­wen het.

Ko­sie het meer as tien mu­siek­in­stru­men­te on­der die knie, on­der meer die ki­taar, kla­vier, trom­me, trek­kla­vier, bas­ki­taar, mond­fluit­jie en man­do­lien.

Sy ma, Ju­lia, sê hy het op vyf jaar oud be­gin kon­ser­ti­na speel.

“Ek het net be­gin om met ou­pa se kon­ser­ti­na te speel en hy het vir my ge­sê ek moet dit los om­dat dit so duur is.

“Maar ek het aan­hou speel tot­dat ek ‘Al lê die ber­ge nog so blou’ kon speel,” sê Ko­sie.

Op dié ou­der­dom was hy ook die jong­ste kon­ser­ti­na­spe­ler ter wê­reld.

Hy kan nou so­wat 50 lied­jies speel op die kon­ser­ti­na wat hy met sy eie geld ge­koop het, on­der meer “Sui­ker­bos­sie”, “In the Jungle” en “N­ko­si si­ke­lel’ iA­fri­ka”.

Ko­sie kan nie mu­siek lees nie, maar hy luis­ter fyn en leer al­tyd in min­der as ’n mi­nuut om ’n nu­we lied­jie te speel.

Die e­nig­ste tyd wan­neer Ko­sie ’n pen en pa­pier gryp, is wan­neer hy sy eie lied­jies skryf.

Hy speel en skryf gospel, klas­siek, kon­tem­po­rêr en boe­re­mu­siek.

Een van sy guns­te­ling-lied­jies wat hy self ge­skryf het, is “Ko­sie se vas­trap”.

Ko­sie kry nie les­se nie en oe­fen el­ke aand op sy eie.

Hy sê vir hom is die hoog­te­punt wan­neer men­se op die maat van sy mu­siek dans.

Ko­sie sê wan­neer hy groot is, wil hy nie ’n dok­ter word nie, maar eer­der ’n mu­si­kant, want dan kan hy “by skoue op­tree waar geld in­ge­sa­mel word vir men­se wat aan kan­ker ly”.

Hy het al saam met Pie­ter S­mit, Jak­kie Louw en Pie­ter Koen op­ge­tree.

Ju­lia sê toe Ko­sie ses was, wou hy graag na die VSA gaan om daar op te tree. Nou is sy “groot­ste droom om vir ‘Qu­een E­li­za­beth’ te speel”.

Ko­sie sê hy is baie op­ge­won­de oor sy be­soek aan die VSA. Hy sal na ver­wag­ting saam met sy ou­pa, Ko­bus van der Mer­we, wat ook sy be­stuur­der is, gaan.

Hy sê hy hoop hy wen die kom­pe­ti­sie.

Ko­sie op pad na LA

Fo­to: MARY­ANN PALMER

Ko­sie Beu­kes (8) speel sy kon­ser­ti­na.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.