Nu­we tuig vir JZ

Beeld - - Front Page - No­si­vi­we Ma­pi­sa­N­qa­ku­la – News24

Die re­ge­ring gaan wel vir die pre­si­den­sie ’n luuk­se vlieg­tuig aan­skaf, maar dit is “non­sens” dat dit tot R4 mil­jard gaan kos.

“Ons gaan die vlieg­tuig koop, ja, maar nie vir Zu­ma nie,” het No­si­vi­we Ma­pi­sa-N­qa­ku­la, mi­nis­ter van ver­de­di­ging en mi­li­tê­re ve­te­ra­ne, gis­ter voor haar be­gro­tings­re­de in die par­le­ment aan ver­slag­ge­wers ge­sê.

“Die vlieg­tuig word nie ge­koop om­dat p­res. Zu­ma dit gaan ge­bruik nie.”

Daar sal ’n pre­si­dent wees na­dat p­res. Ja­cob Zu­ma in 2019 af­tree, selfs al is hy van ’n an­der par­ty. “Die vlieg­tuig sal steeds daar wees.” Die vlieg­tuig word glo ge­koop om te ver­se­ker dat re­ge­rings­lui, die pre­si­dent en ad­junk­pre­si­dent al­tyd vei­lig is.

Ma­pi­sa-N­qa­ku­la sê die re­ge­ring het nooit die kos­te van die vlieg­tuig be­kend ge­maak nie en sy weet nie waar dit van­daan kom dat dit R4 mil­jard gaan kos nie.

“Ons sal nooit, ooit hier sit en sê ons gaan R4 mil­jard aan ’n vlieg­tuig be­stee nie, nie wan­neer Suid-A­fri­ka­ners hon­ger ly en stu­den­te aan­dring op la­er stu­die­geld nie.”

Dit sou vol­gens haar on­ver­ant­woor­de­lik wees om te sê hoe­veel die re­ge­ring be­reid is om aan die vlieg­tuig te be­stee.

Die plan was om die vlieg­tuig teen Maart aan te skaf, maar die re­ge­ring het die sper­tyd mis­ge­loop.

Daar­om moes die re­ge­ring vlieg­tuie huur wan­neer daar pro­ble­me met die hui­di­ge pre­si­den­si­ë­le vlieg­tuig was.

“Ons is nie be­reid om die vei­lig­heid van ons se­ni­or re­ge­rings­lui in ge­vaar te stel nie,” sê sy.

Sy het ge­sê Zu­ma en adj.p­res. Cy­ril Ra­map­ho­sa was al ver­skeie ke­re ge­strand weens pro­ble­me met Inkwa­zi, die pre­si­den­si­ë­le Boeing 737.

Ons is nie be­reid om die vei­lig­heid van ons se­ni­or re­ge­rings­lui in ge­vaar te stel nie. — MA­PI­SA­N­QA­KU­LA

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.