To­mic, Ky­r­gi­os laat ring­kop­pe weer rooi sien

Beeld - - Nuus -

Syd­ney. – Aus­tra­lie­se ten­nis se twee stout seuns, Ber­nard To­mic en Nick Ky­r­gi­os, het gis­ter weer kri­tiek op die lyf ge­loop.

S­te­ve He­a­ly, uit­voe­ren­de hoof van Ten­nis Aus­tra­lië, het To­mic as on­eer­bie­dig be­skryf, en ge­sê Ky­r­gi­os raak in on­no­di­ge woor­de­wis­se­lings met O­lim­pie­se be­amp­tes be­trok­ke.

Be­noe­mings vir die Aus­sies se S­pe­le­s­pan sluit ein­de Ju­nie.

Kit­ty C­hil­ler, hoof van Aus­tra­lië se O­lim­pie­se Ko­mi­tee, het ge­sê al­bei spe­lers moet in hul pas­op­pens wees.

To­mic is uit al­le oor­de ge­looi na­dat hy ver­le­de week in die Ma­drid­ ope sy ra­ket ag­ter­ste­voor vas­ge­hou het vir wed­stryd­punt in sy ne­der­laag teen Fa­bio Fog­ni­ni.

Sy re­ak­sie op die kri­tiek was: “Sal jy om­gee as jy 23 is en meer as $10 mil­joen werd is?”

C­hil­ler het ge­sê die voor­val is “gru­we­lik”.

Vol­gens He­a­ly is dit “on­eer­bie­dig teenoor die spel en sy teen­stan­der. Dit is wat ons ont­stel. Dit is ook ’n be­le­di­ging vir die on­der­steu­ners as jy nie die vol­le wed­stryd al­les gee nie.”

Ky­r­gi­os het ge­twiet as Aus­tra­lië nie sy bes­te spe­lers op die S­pe­le wil hê nie “is dit maar reg so”.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.