VF + se Da­wid pak Go­li­at in El­do’s

Kie­sers in sy buurt voel uit­ge­sluit

Beeld - - Front Page - Clau­di Mai­lo­vich

Om ’n kan­di­daat vir die VF+ in Eldoradopark, Jo­han­nes­burg, te wees teen die DA en die ANC, is soos Da­wid wat vir Go­li­at pak.

“Maar dit gaan ons nie af­skrik nie, want jy weet wat het Da­wid met Go­li­at ge­maak,” sê past. Er­rol Ja­cobs (57), die VF+ se kan­di­daat in dié tra­di­si­o­neel bruin woon­buurt in die mu­ni­si­pa­le ver­kie­sing.

Die par­ty is vir hom ’n lo­gie­se tuis­te, sê Ja­cobs.

“As jy nou kyk na die ma­ni­fes: Die VF+ is die e­nig­ste huis vir die min­der­heids­groe­pe. Dit is die e­nig­ste huis wat daar is vir ons men­se. Die VF+ is die e­nig­ste par­ty wat ’n stem gee vir die San en die K­hoi. Die an­der par­tye is net daar vir hul eie men­se.”

Hy is die af­ge­lo­pe vier maan­de ’n lid van die VF+.

“Iets wat ek wil be­klem­toon, is: Ons men­se is moeg, ons is eint­lik gat­vol, vir al die pro­mi­ses.

“Ons voel al soos ’n rot wat gif ge­ëet het. Ons swel nou op van al die be­lof­tes.

“El­ke keer as dit ver­kie­sings­tyd is, dan kom hul­le (po­li­tie­ke par­tye soos die DA en die ANC) uit hul nes­te soos kok­ke­rot­te. Dán wil hul­le ons stem­me hê.”

Een van die groot pro­ble­me be­ne­wens die werk­loos­heid- en dwelm­pro­bleem is dat die men­se in Eldoradopark ge­mar­gi­na­li­seerd voel om­dat hul­le bruin is.

Hul kin­ders moet in En­gels skool­gaan, swart e­ko­no­mie­se be- mag­ti­ging be­voor­deel hul­le nie en daar word nie hui­se in Eldoradopark ge­bou nie, maar die na­bu­ri­ge F­ree­dom Park word ont­wik­kel.

Die ge­meen­skap meen dit is oor hul vel­kleur. Hul­le meen hul­le was in die a­part­heids­tyd te swart en is nou te wit.

Oor A­fri­kaans is hy dui­de­lik: “Dis die taal wat ons praat. Moe­nie ons taal van ons af weg­vat nie.”

Hy sê die DA (Eldoradopark is ’n DA-wyk) en die ANC ge­bruik bruin men­se net as front om te kan sê hul­le het ook bruin kie­sers.

“Maar ons is nou te slim vir hul­le. Ek dink die men­se roep die Vry­heids­front Plus nou te­rug, want hul­le weet ons kan hul­le ver­trou, want hul woord is hul woord.”

Hy sê hul­le kyk on­der meer na par­tye se optrede in die par­le­ment om te be­paal hoe be­trou­baar hul­le is.

“Hul­le speel nie roe­ke­lo­se po­li­tiek nie,” sê hy oor die VF+.

Fo­to: CORNÉL VAN HEER­DEN

Past. Er­rol Ja­cobs gis­ter in Eldoradopark by VF+plak­ka­te. Hy is die VF+ se kan­di­daat in Eldoradopark, Jo­han­nes­burg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.