Rug­by­veld vlieg ver­by as jy ry­ry op foon kyk

Beeld - - Front Page - Elsabé Brits

Wan­neer ’n mens teen 80 km/h be­stuur en net vin­nig af­kyk na jou sel­foon, het jy die leng­te van ’n rug­by­veld ge­ry teen die tyd dat jy weer op­kyk.

Om ’n teks­bood­skap te s­tuur ter­wyl jy be­stuur, ver­groot die kans dat jy ’n on­ge­luk gaan maak met 23%.

Maar dit lyk nie of Suid-A­fri­ka­ners hul­le hoe­ge­naamd hier­aan steur nie.

Wan­neer hul­le ag­ter die stuur­wiel sit, ver­klee, gri­meer, lees, eet en drink hul­le of soek si­ga­ret­te en si­ga­ret­aan­ste­kers in sak­ke en ver­stel die GPS.

Die Au­to­mo­biel As­so­si­a­sie (AA) het on­langs in ’n op­na­me ge­vind uit 2 500 Suid-A­fri­kaan­se be­stuur­ders het meer as 7% ty­dens spits­ver­keer hul sel­foon in die hand of teen die oor ge­had ter­wyl hul­le be­stuur het.

Man­de Taubkin, ’n be­stuur­der by Ne­t­ca­re, sê dit is nie moont­lik om vas te stel hoe­veel bot­sings so ver­oor­saak word nie, maar die mees­te ken­ners stem saam dit is ’n groot oor­saak daar­van.

Al hoe meer na­vor­sing wys dat ’n mens se re­ak­sie­tyd sta­di­ger is, jy suk­kel om in die reg­te baan te bly en jou aan­dag af­ge­lei word deur teg­no­lo­gie.

Dit is selfs die ge­val wan­neer ’n mens oor die sel­foon praat son­der om dit vas te hou.

Die brein kan nie be­hoor­lik op be­stuur kon­sen­treer in­dien jy te lank oor die foon praat en be­stuur nie, selfs al ge­bruik jy nie jou han­de nie.

Die AA het ook ty­dens ’n toets op­ge­let hoe tal­le voet­gan­gers na hul sel­fo­ne staar ter­wyl hul­le loop en nie op­let na die ver­keer nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.