Bu­re het ge­lui­de ge­hoor

Beeld - - Front Page - El­sje Wal­deck

Al die be­sit­tings van die dok­ter van Roux­vil­le wat op 29 Ja­nu­a­rie op sy plaas ver­moor is, word bin­ne­kort op­ge­veil.

Vol­gens Pie­ter-A­bra­ham Cil­liers kan nie een van die kin­ders hul pa, Ben­nie (60), se boer­de­ry op die plaas Gou­da bui­te Roux­vil­le in die Vry­staat oor­neem nie.

“Ons is al so ge­ves­tig in ons loop­ba­ne en my ma, Ce­ci­lia (59), wil ook nie meer daar woon nie.”

Op 24 Mei word ’n boe­del­vei­ling op die plaas ge­hou waar­op van Cil­liers se trek­kers tot dok­ter­stas­se op­ge­veil word.

“Dit bly na­tuur­lik baie moei- lik. Die re­a­li­teit is eint­lik nou eers be­sig om sta­dig in te skop. Dit is glad nie lek­ker nie.”

Pie­ter-A­bra­ham sê dit gaan baie goed met sy ma, wat baie erns­tig be­seer is in die aan­val.

“Sy het ver­stom­mend goed her­stel. Sy kui­er tans by my sus­ter in Jo­han­nes­burg en het lank by my an­der sus­ter in die Kaap ge­woon.”

Hy sê Ce­ci­lia wil nie meer op die plaas woon nie. “Ons was al weer ’n paar keer daar ná die voor­val, maar dit bly baie moei­lik.

“My sus­ters sal na haar om­sien ter­wyl ek en my broer die vei­ling sal han­teer.”

Die grond word tot tyd en wyl nie op­ge­veil nie en word eers ver­huur.

In­tus­sen bly T­ha­bang Frans Jor­daan (30) en N­ga­le­ki­le Da­vid Za­ma­yo (41) in aan­hou­ding tot­dat hul­le weer op 17 Mei op aan­klag­te van moord, po­ging tot moord, voer­tuig­dief­stal en ge­wa­pen­de roof in die plaas­li­ke land­dros­hof ver­skyn.

Fo­to: CON­RAD BORNMAN

Die plaas Gou­da tus­sen Roux­vil­le en S­mit­hfield. Die boe­del­vei­ling sal op 24Mei hier plaas­vind.

Fo­to: CON­RAD BORNMAN

T­ha­bang Frans Jor­daan en N­ga­le­ki­le Da­vid Za­ma­yo.

Fo­to: FA­CE­BOOK

Dr. Ben­nie Cil­liers en sy vrou, Ce­ci­lia.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.