Sko­le in Vu­wa­ni dalk Maan­dag oop

Beeld - - News - Ma­rie­tie Louw­Car­stens

Die re­ge­ring doen al­les in sy ver­moë om te ver­se­ker dat daar mo­bie­le klas­ka­mers vir sko­le in Vu­wa­ni sal wees so­dat kin­ders weer Maan­dag kan skool­gaan.

24 sko­le is af­ge­brand in die uit­ge­strek­te ge­bied, so­wat 150 km noord­oos van Po­lo­kwa­ne.

So­wat 50 000 leer­lin­ge word ge­raak deur ge­weld in die ge­bied.

Die in­wo­ners wat die sko­le af­ge­brand het, sê hul­le is on­te­vre­de om­dat Vu­wa­ni ná die mu­ni­si­pa­le ver­kie­sing in Au­gus­tus ’n mu­ni­si­pa­li­teit met Ma­la­mu­le­le sal moet deel.

P­hu­ti Se­lo­ba, woord­voer­der van die Lim­po­po-re­ge­ring, sê mo­bie­le klas­ka­mers sal in die ge­bied op­ge­rig word so­dat on­der­rig kan voort­gaan. Dit is nie dui­de­lik wan­neer dit gaan ge­beur nie.

Van die leer­lin­ge wat in die stof­stra­te rond­dren­tel, het aan die SAUK ge­sê hul­le gaan eers op 4 Au­gus­tus weer skool toe, ná die mu­ni­si­pa­le ver­kie­sing op 3 Au­gus­tus.

Da­vid Mahlo­bo, mi­nis­ter van staats­vei­lig­heid en lid van die mi­nis­te­ri­ë­le taak­span oor die kwes­sie, het Woens­dag­mid­dag self klip­pe uit stra­te in Vu­wa­ni ge­rol so­dat die ver­keer nor­maal kan vloei.

’n Groep op­roe­ri­ges het klip­pe na Mahlo­bo en po­li­sie­le­de ge­slin­ger, waar­na daar met rub­ber­koe­ëls op hul­le ge­skiet is.

Kol. Ronél Ot­to, po­li­sie­woord­voer­der in Lim­po­po, sê nie­mand is in die voor­val be­seer nie.

J es­sie Du­ar­te, ad­junk- se­kre­ta­ris­ge­ne­raal van die ANC, is ook in die ge­bied. Sy het Woens­dag ge­sê die 21 men­se wat weens brand­stig­ting en o­pen­ba­re ge­weld in heg­te­nis ge­neem is, moet geen ge­na­de ver­wag nie. Par­ty ver­skyn Maan­dag weer in die land­dros­hof in Ma­la­mu­le­le en an­der in T­ho­hoy­an­dou.

Mahlo­bo, Du­ar­te en lei­ers van Lim­po­po se re­ge­ring het gis­ter weer met To­ni Mp­hep­hu Ra­ma­bu­la­na, die ko­ning van die Ven­das, ver­ga­der. Hy het ver­le­de week ge­sê hy on­der­steun “sy men­se” om­dat hul­le nie deel wil wees van ’n mu- ni­si­pa­li­teit wat Ma­la­mu­le­le in­sluit nie. Hy het die ge­weld ver­oor­deel.

Die SAUK be­rig min men­se het Woens­dag­mid­dag’ n ge­meen­skap s­ver­ga­de­ring, wat deur Ma hlo­bo ge­lei is, by­ge­woon.

Van die ge­meen­skaps­lei­ers sê hul­le wag dat Ra­ma­bu­la­na met hul­le praat en nie­mand an­ders nie. “Die ko­ning sal met die pre­si­dent (Ja­cob Zu­ma) praat en dan sal ons hoor wat aan­gaan.”

Ja­c­ques S­mal­le, DA-lei­er, het gis­ter in die Lim­po­po-wet­ge­wer in Le­bo­wak­go­mo ge­sê by­kans 13 000 ma­tri­ku­lan­te in Vu­wa­ni word ge­raak deur die feit dat hul sko­le af­ge­brand is. “Min­stens 200 mo­bie­le klas­ka­mers moet so gou moont­lik aan die ge­bied ver­skaf word.”

FO­TO: FE­LIX DLANGAMANDLA

’n Pa stap saam met sy seun­tjie oor een van die tal­le paaie wat in die Vu­wa­ni­streek in Lim­po­po ver­sper is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.