Be­to­gings lei tot vrou se dood in on­ge­luk

Beeld - - News - Su­san Cil­liers

’n Vrou is gis­ter dood in ’n on­ge­luk na­by Bloem­hof toe die voer­tuig waar­in sy was, die pad bys­ter ge­raak het ter­wyl ge­weld­da­di­ge be­to­gings aan die gang was.

Die N12 tus­sen Chris­ti­a­na en Bloem­hof was teen die mid­dag nog ge­sluit weens die be­to­gings, waar­ty­dens drie vrag­mo­tors ook aan die brand ge­steek is, het Dad­dy Se­bo­le­cwe, woord­voer­der van Noordwes se de­par­te­ment van o­pen­ba­re vei­lig­heid, ge­sê.

Plaas­li­ke boe­re het ook pa­ra­me­di­ci ont­bied om ’n vrag­mo­tor­be­stuur­der te be­han­del na­dat ’n klip hom teen die kop ge­tref het.

Mo­to­ris­te is aan­ge­raai om al­ter­na­tie­we roe­tes te ge­bruik.

Vol­gens Se­bo­le­cwe het die pro­tes­op­tre­de Woens­dag­aand be­gin. Die men­se is glo on­te­vre­de oor diens­le­we­ring in die ge­bied.

Daan Lot­te­ring, voor­sit­ter van die plaas­li­ke land­bou-u­nie, sê die pro­ble­me het be­gin ná ’n ver­ga­de­ring in ’n sport­sta­di­on.

“Die men­se be­weer on­be­voeg­de bou­kon­trak­teurs bou goed­koop hui­se. En tot se­we ge­sins­le­de uit een huis­hou­ding wat vir die mu­ni­si­pa­li­teit werk, het na be­we­ring elk­een ’n huis ge­kry.”

Dr. Mp­ho Mot­l­ha­ba­ne, LUR vir ge­meen­skaps­vei­lig­heid, het die ge­weld ver­oor­deel en die men­se ge­vra om vreed­saam met die plaas­li­ke mu­ni­si­pa­li­teit en re­ge­ring te ver­ga­der.

“Nie­mand se reg om paaie te ge­bruik, mag weg­ge­neem word nie. Ons ver­oor­deel die ver­nie­ti­ging van ei­en­dom ten sterk­ste.”

Teen gis­ter­mid­dag is nie­mand nog in ver­band met die pro­tes­op­tre­de in heg­te­nis ge­neem nie.

Lt.kol. Sa­ba­ta Mokg­wa­bo­ne, po­li­sie­woord­voer­der, sê die pad sal eers oop­ge­stel kan word so­dra een van die vrag­mo­tors wat aan die brand ge­steek is, ver­wy­der is. “Die si­tu­a­sie is kalm en die po­li­sie is daar.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.