Kuns­te­naars ver­wel­kom SAUK­plan

Só kan hul­le gro­ter ge­ho­re kry

Beeld - - News - C­har­lea Sie­ber­ha­gen Chris C­ha­me­le­on

Die SAUK se be­sluit dat plaas­li­ke mu­siek 90% van al­le mu­siek op sy ra­di­o­sta­sies moet uit­maak, gaan “uit­son­der­li­ke kuns­te­naars”, wat nooit lug­tyd kry nie, bloot­stel­ling gee.

Dit is die me­ning van die lied­jie­skry­wer en roc­ker Hun­ter Ken­ne­dy na­dat die SAUK eer­gis­ter in ’n ver­kla­ring ge­sê het die uit­saai­er se 18 ra­di­o­sta­sies moet van gis­ter af 90% plaas­li­ke mu­siek speel.

Hlau­di Mot­soe­neng, die SAUK se be­dryfs­hoof, het daar­op ge­wys dat dit nie be­perk sal wees tot taal­spe­si­fie­ke mu­siek nie, maar “ons wil ’n punt be­reik waar al ons 18 ra­di­o­sta­sies ’n tuis­te kan word vir al­le SuidA­fri­ka­ners”.

Ken­ne­dy be­skou dit as ’n baie goeie ding.

“Mu­si­ka­le kruis­be­stui­wing deur die ho­pe­lik mul­ti­kul­tu­re­le bloot­stel­ling kan ’n op­win­den­de na­ge­volg daar­van wees.”

Hy sê ra­di­o­sta­sies is ’n won- der­li­ke plat­form wat ’n reg­streek­se im­pak op kuns­te­naars se ver­ko­pe het.

“Ho­pe­lik sal ra­di­o­sta­sies meer mu­siek speel van die bands waar­in ek al was. Dis lek­ker om nou meer ra­di­o­sta­sies by jou be­mar­king stra­te­gie te kan in­sluit .”

Hy sê hy is ’n aan­han­ger van RSG, die SAUK se A­fri­kaan­se ra­di­o­sta­sie. “Nog meer lo­cal mu­siek kan nie seer­maak nie, maar om eer­lik te wees, luis­ter ek nie RSG vir die mu­siek nie.”

Die san­ger Chris C­ha­me­le­on ver­wel­kom die SAUK se be­sluit ook.

“So­lank die an­der 10% ABBA is, het ek nie ’n pro­bleem daar­mee nie.”

Ken­ne­dy en C­ha­me­le­on is dit eens dat die nu­we be­sluit meer tan­tie­me vir kuns­te­naars moont­lik sal maak.

“Dit kan ook help om mu­si­kan­te se beur­sies ’n bie­tjie vet­ter te maak om­dat die tan­tie­me­poel plaas­lik ver­deel sal word,” sê Ken­ne­dy.

C­ha­me­le­on wys daar­op dat plaas­li­ke kuns­te­naars meer uit tan­tie­me sal kry en gro­ter bloot­stel­ling kan kry om moont­li­ke be­lang­stel­ling by plaas­li­ke ge­ho­re te wek. Dit kan weer meer men­se na kuns­te­naars se kon­ser­te lok.

“Met die af­na­me in die ver­ko­pe van pla­te en die feit dat al­le mu­siek eint­lik gra­tis ver­kryg­baar is vir die­ge­ne wat nie wil be­taal nie, is kuns­te­naars se hoof­bron van in­kom­ste kon­sertop­tre­des. Ge­ho­re sal dalk mak­li­ker kon­ser­te toe gaan as hul­le die kuns­te­naars wat na­by hul­le gaan op­tree ge­reel­der oor die ra­dio hoor,” sê C­ha­me­le­on.

Die san­ge­res Le­ah, wat twee we­ke ge­le­de die G­hoe­ma vir bes­te nu­we­ling ge­wen het, meen die nu­we be­leid sal kuns­te­naars mo­ti­veer. “Dit gee vir ons ’n gro­ter kans om ons mu­siek op ra­dio te kry,” sê sy.

Die SAUK be­plan ook om van­af 1 Ju­lie meer plaas­li­ke in­houd op sy ka­na­le be­skik­baar te stel.

Hun­ter Ken­ne­dy

Le­ah

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.