Leeus maak om hul kuil skoon

Beeld - - News - Chris­to Bu­ch­ner

Dit is nie net op die speel­veld waar die Leeus se brul ge­hoor kan word nie.

Dit is ook in die ge­bied rond­om hul Leeu­kuil, El­lis­park, waar hul­le stem dik­maak met ’n skoon­maak­pro­ses.

Na­dat die rom­mel op­ge­hoop en die ge­bied rond­om El­lis­park, as­ook die Jo­han­nes­burg-sta­di­on waar die s­pan oe­fen, kwaai ont­sier het, het die Leeus se per­so­neel be­sluit om self skou­er aan die wiel te sit en nie te wag op die Jo­han­nes­burg­se me­tro­raad nie.

Met Ru­dolf S­tra­eu­li, uit­voe­ren­de hoof, aan die spits het die Leeu-per­so­neel van­dees­week in­ge­spring om op te ruim en die stra­te weer leef­baar te maak.

Pa­pie­re en an­der vul­lis is met ho­pe swart sak­ke op­ge­tel en daar is ook met verf­kwas­te en -rol­lers in­ge­spring om die aan­ge­sig van die ge­bied rond­om El­lis­park op te hel­der.

“Ons is trots op ons sta­di­on en al­les wat daar­mee ge­paard­gaan en daar­om het ons be­sluit om self iets te doen om dit weer goed te laat lyk. Deur dit skoon te kry het ons dit ook be­vei­lig,” sê S­tra­eu­li.

Vol­gens ’n woord­voer­der van die Leeus is van die lang gras op die sy­paad­jies ge­sny en skoon­ge­maak.

Vol­gens S­tra­eu­li kos dit die Leeus R150 000 per maand om die ge­bied om die sta­di­on skoon en leef­baar te hou.

S­tra­eu­li het eer­gis­ter sy das en baad­jie ver­ruil vir ’n kort­broek en tek­kies ter­wyl hy in­ge­spring het om sy per­so­neel te help om hul han­de vuil te kry in die pro­ses om die om­ge­wing leef­baar­der en aan­sien­li­ker te maak.

“Dit was ’n uit­ste­ken­de span­po­ging en al­mal het y­we­rig in­ge­klim,” sê S­tra­eu­li.

“Ons wil ver­al toe­sien dat die sta­di­on en om­ge­wing sil­wer­skoon is vir die toets vol­gen­de maand (18 Ju­nie) teen Ier­land.”

Per­so­neel van die Leeus maak van­dees­week die ge­bied rond­om hul Leeu­kuil skoon.

Ru­dolf S­tra­eu­li lei sy s­pan in die skoon­maak­pro­ses.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.