Oud­ste ruim­te­stof nóg in Aus­tra­lië ge­vind

Beeld - - News - Elsabé Brits Volg Beel­d_Nuus op T­wit­ter.com

Die oud­ste ruim­te­stof tot nog toe – van 2,7 mil­jard jaar ge­le­de – is in kalk­steen in die wes­te van Aus­tra­lië ge­vind.

Na­vor­sers aan die Mo­nas­h­u­ni­ver­si­teit in Aus­tra­lië het in ’n stuk in die vak­tyd­skrif Na­tu­re ge­skryf dié me­te­o­rie­te is net tus­sen 8,6 en 50 mi­kro­me­ter in deur­snee.

Dit is klei­ner as een op­tie­se ve­sel. 50 mi­kro­me­ter is 0,005 cm.

Met die ge­bruik van die bes­te mi­kro­sko­pe kon ge­sien word die mees­te van die mi­kro­me­te­o­rie­te was eens deel­tjies van ys­ter, al­ge­meen in me­te­o­rie­te, wat in die boon­ste laag van die aar­de se at­mos­feer in ys­ter­ok­sied om­ge­sit het.

Dit be­te­ken daar was des­tyds meer suur­stof in die at­mos­feer as wat aan­vank­lik ge­meen is.

Dr. Andrew Tom­kins, wat die s­tu­die ge­lei het, sê die re­sul­taat be­te­ken dat dit die eer­ste keer is dat ie­mand ’n ma­nier ge­vind het om die che­mie­se sa­me­stel­ling van die oer-aar­de se at­mos­feer te toets.

Dit is ’n raai­sel of daar so­veel suur­stof in die boon­ste laag van die at­mos­feer was, want dit was voor­dat fo­to­sin­te­se be­gin het.

Fo­to: ANDREW TOM­KINS

Een van die 60 mi­kro­me­te­o­rie­te wat in die Pil­ba­ra­streek in Wes­Aus­tra­lië ge­vind is in kalk­steen wat 2,7 mil­jard jaar oud is. Dit is die oud­ste ruim­te­stof tot nog toe wat op aar­de ge­kry is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.