Bu­re hoor voor dood ge­lui­de

Men­se voel nog vei­lig in buurt

Beeld - - News - Ro­man­tha Bo­tha

Wel­ling­ton. – Ver­skeie men­se het eer­gis­ter­mid­dag ge­lui­de ge­hoor by die huis waar die lyk van die skry­wer Win­nie Rust la­ter ge­vind is.

El­si­be Loub­ser, ’n buur­vrou in Der­de Laan in Uit­sig, Wel­ling­ton, sê sy en haar man en nog drie men­se was tuis toe die moord ge­pleeg is.

“Ons het har­de ge­lui­de uit die huis ge­hoor,” sê sy. Sy wou van­weë die on­der­soek nie meer daar­oor sê nie.

Dr. Ma­nie Rust (87) het om­streeks 15:30 in die kom­buis op sy 77-ja­ri­ge vrou se lyk af­ge­kom toe hy wak­ker ge­word het van die hek­klok­kie wat lui.

Haar han­de en voe­te was vas­ge­bind en sy het be­se­rings aan die ge­sig ge­had.

Gis­ter het on­der­soek­be­amp­tes en fo­ren­sie­se pa­to­loë die per­seel ag­ter geel po­li­sie­lint ge­fyn­kam.

Konst. No­loyi­so R­wex­a­na, po­li­sie­woord­voer­der, sê ’n lyk­skou­ing word ge­hou en nie­mand is nog ge­ar­res­teer nie.

Loub­ser sê: “Wat met Win­nie ge­beur het, is vir my tra­gies en baie vreemd. Sy was een van die mees re­spek­vol­le en styl­vol­ste men­se in die buurt.”

Sy voel nie on­vei­lig nie, want die buurt se men­se pas me­kaar op, sê sy.

Wim­pie Ha­ven­ga (58), ’n buur­man, is ’n paar maan­de ge­le­de deur mans oor­val wat geld wou hê om­dat hul­le glo sy tuin skoon­ge­maak het.

“On­ge­ag die voor­val voel ek steeds vei­lig in die buurt. Wat met Win­nie ge­beur het, is tra­gies, want hul­le is goeie men­se,” het hy gis­ter ge­sê.

Ha­ven­ga en sy vrou was nie tuis toe Rust ver­moor is nie en het eers die aand daar­van te ho­re ge­kom.

Vol­gens He­ster de Kock, voor­sit­ter van die ge­meen­skap s po­li­si­ë­rings­fo­rum( GP F) in Wel­ling­ton, het Rust die Dins­dag nog ’n ver­ga­de­ring oor vei­lig­heids­maat­re­ëls by­ge­woon.

“In Der­de Laan woon baie be­jaar­des wat be­dags al­leen tuis is ter­wyl die jong men­se al­mal werk. Hoe­wel die W­hat­sApp-groep baie goed werk, help dit nie as die be­jaar­des be­dags al­leen is nie. Wat sou dit baat as hul­le gil of skree?”

De Kock sê daar is ’n te­kort aan po­li­sie­be­amp­tes en hulp- bron­ne, maar die GPF en die buurt­wag werk nou met die ge­meen­skap saam om hul­le te be­vei­lig.

Mi­ran­da van B­re­da, wat Rust lan­ger as 30 jaar ge­ken het, sê die skry­wer is die laas­te per­soon met wie so iets moes ge­beur het en dit maak ’n mens kwaad.

“Haar sag­te ma­nier van om­gee het ’n in­vloed op al­mal in die dorp ge­had. Sy was ’n steun­pi­laar en rol­mo­del.”

Hul­le het saam tot ’n vrou­e­boek­klub be­hoort wat Rust ge­trou by­ge­woon het.

Nog ’n vrien­din, Mel­lét­ta Louw, sê: “Daar waar ’n saak is wat die dorp kon be­vor­der, daar sou jy vir Win­nie kry. “Sy het ’n fyn oog vir on­reg en die be­le­we­nis­wê­reld van die vrou ge­had. Sy was nie ’n mens wat op po­di­ums of in koe­ran­te oor ’n saak sou veg nie, maar het dit op haar sag­te ma­nier op pa­pier neer­ge­lê.

“Sy het kin­ders ge­help om hul skool-en u­ni­ver­si­teit s geld te be­taal son­der dat e­nig­een daar­van ge­weet het, want dit is wie sy was.”

Rust word deur haar man, drie dog­ters, Win­nie Nel, He­le­ne Reid en An­na Rust, en ’n seun, Hugo Rust, oor­leef.

On­der­soek­be­amp­tes staan gis­ter op die per­seel waar die skry­wer Win­nie Rust se lyk eer­gis­ter­mid­dag deur haar man op hul kom­buis­vloer aan­ge­tref is. Die in­gan­ge na die per­seel was gis­ter nog met geel po­li­sie­lint af­ge­sper. Fo­to’s: EDREA DU TOIT

Wim­pie Ha­ven­ga, ’n buur­man van die ver­moor­de Win­nie Rust. Hy sê hy voel nog vei­lig in die woon­buurt. “Wat met Win­nie ge­beur het, is tra­gies, want hul­le is goeie men­se.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.