Boe­re in en om Dull­stroom fnuik ’n plaas­aan­val

Beeld - - News - – Buks Vil­joen

’n Moont­li­ke plaas­aan­val in M­pu­ma­lan­ga is ge­fnuik deur die doel­tref­fen­de kom­mu­ni­ka­sie net­werk van boe­re in die Dull­stroom- om­ge­wing.

Vier men­se in ’n swart VW Po­lo het eer­gis­ter om­streeks 19:00 by die huis van Ce­les­te Com­brink en haar broer Ko­bus op die E­lands­kloof-fo­rel­plaas na­by Dull­stroom op­ge­daag.

Vol­gens Ce­les­te het die vier by die huis in­ge­kom, maar ge­skrik toe hul­le sien sy is nie al­leen nie.

“Hul­le is met ’n spoed uit die huis uit voor­dat hul­le iets kon steel of ie­mand be­seer.”

Ce­les­te het boe­re in die om­ge­wing in ken­nis ge­stel en al­le toe­gangs­paaie in die ge­bied is bin­ne mi­nu­te af­ge­sper.

Die mo­tor waar­mee die mans ge­vlug het, kon eg­ter nê­rens op­ge­spoor word nie.

Hen­ry Gel­den­huys, ’n boer van die Ca­ro­li­na/Er­me­lo-om­ge­wing, sê boe­re en plaas­be­wo­ners moet dees­dae ui­ters be­dag daar­op wees om nie slag­of­fers van mis­daad te word nie. “Om ’n doel­tref­fen­de kom­mu­ni­ka­sies tel­sel goed te be­nut, soos in die Com­brinks se ge­val, het baie voor­de­le.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.