Koe­ël dood vriend ná jag­ter glo strui­kel

Beeld - - News - Ma­rie­tie Louw­Car­stens

Die man wat sy vriend glo op ’n jag­tog in Lim­po­po dood­ge­skiet het, is op borg­tog vry­ge­laat.

Fa­nie Fou­rie (42) het Woens­dag­mid­dag vlug­tig op aan­klag van straf­ba­re man­slag in die land­dros­hof in P­ha­la­bor­wa ver­skyn.

Kol. Ronél Ot­to, po­li­sie­woord­voer­der in Lim­po­po, sê die klag van moord is in ’n klag van straf­ba­re man­slag ver­an­der na­dat die po­li­sie Fou­rie on­der­vra het.

Fou­rie was se­dert Sa­ter­dag, ná die on­ge­luk waar­in Mos­sie Mos­tert (53) dood­ge­skiet is, in die Map­hu­ta-hos­pi­taal.

Hy is op borg­tog van R1 000 vry­ge­laat en moet la­ter die maand weer in die land­dros­hof in P­ha­la­bor­wa ver­skyn.

Fou­rie was Sa­ter­dag saam met Mos­tert op ’n jag­tog by Tints­ha­ba op die Ma­se­ke-wild­plaas in die Mi­ca-ge­bied tus­sen P­ha­la­bor­wa en Hoed­spruit.

Hy het ag­ter­op’ n Toyo­ta H il u x-dub­bel ka­juit bak­kie ge­staan en ’n .308-jag­ge­weer by hom ge­had. Hy het ’n skoot af­ge­trek na vlak­var­ke wat langs die pad in die bos in­ge­hard­loop het.

Jaco Mos­tert, Mos­sie se seun, sê Fou­rie het ge­strui­kel toe die bak­kie sta­dig vo­ren­toe ge­ry het en ’n skoot het af­ge­gaan. Die koe­ël het deur die bak­kie se dak ge­dring en Mos­sie, wat voor op die pas­sa­sier­sit­plek ge­sit het, in die kop ge­tref. Hy is bin­ne se­kon­des dood.

Die koe­ël het op­ge­slaan in die lin­kerk­uit van Chris­to Koen, wat die bak­kie be­stuur het.

Mos­sie se jong­ste seun, An­dries (17), en Chris­to se broer, Ko­bus, het saam ag­ter­in die bak­kie ge­sit. An­dries het ge­sien hoe sy pa sterf.

Ko­bus se seun, Mi­as (10), was saam met Fou­rie ag­ter­op die bak­kie.

Chris­to het ge­sê al wat hy kan ont­hou, is dat daar ’n knal was. “Toe het ek ’n pyn in my been ge­voel en stil­ge­hou.”

Fou­rie, wat ’n di­a­beet is, het op die to­neel in­me­kaar­ge­sak. Hy is per am­bu­lans na die Ma­pu­tha-hos­pi­taal ge­bring. “Ek was saam met hom in die am­bu­lans en hy het baie, baie sleg ge­lyk. Wat ge­beur het, is ’n baie hart­seer on­ge­luk,” het Chris­to ge­sê.

Nie­mand an­ders is in die voor­val be­seer nie.

Mos­sie was ’n e­lek­tri­si­ën en het so­wat ’n maand ge­le­de saam met sy vrou, Son­ja, An­dries en Jaco van P­ha­la­bor­wa na Hoed­spruit ver­huis. Fou­rie is Son­ja se broers­kind. Mos­sie word ook deur ’n dog­ter, Mo­di­ne Louw, oor­leef.

Hy word van­dag 10:00 uit die NG kerk P­ha­la­bor­wa be­gra­we.

Mos­sie Mos­tert

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.