Vrou val 150 m in mo­tor tot in die see

Beeld - - News - El­ma­ri­ne An­tho­ny

’n Vrou wat Woens­dag­aand in haar mo­tor 150 m ver van ’n krans tot in die see by S­mits­win­kel­baai ge­val het, her­stel in die Vin­cent Pal­lot­ti-hos­pi­taal in Kaap­stad.

Lui­dens ’n ver­kla­ring deur die Na­si­o­na­le See red­dings in­s­ti­tuut( NS R I) is die 20- ja­ri­ge vrou op die to­neel ge­sta­bi­li­seer. Haar toe­stand was erns­tig. S­mits­win­kel­baai is tus­sen Si­mon­stad en Kaap­punt.

Die NSRI in Si­mon­stad is kort voor 18:00 in ken­nis ge­stel dat ’n mo­tor van die krans af ge­val het.

Toe red­dings­wer­kers op die to­neel aan­kom, kon hul­le die mo­tor, wat ge­deel­te­lik on­der die wa­ter was, nie be­reik nie.

Die vrou is ge­red met die hulp van die po­li­sie se see pa­trol­lie­diens ,’ nS k y me d-red­dings he­li­kop­ter, E M S-pa­ra­me­di­ci en twee swem­mers van die NSRI.

“Die pa­si­ënt is op die to­neel ge­sta­bi­li­seer en met ’n he­li­kop­ter tot op die krans ge­lig waar ver­de­re me­die­se be­han­de­ling ge­gee is,” lui die NSRI-ver­kla­ring.

Dit is nog nie be­kend hoe die on­ge­luk ge­beur het nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.