Vlie­ë­nier wat ver­on­ge­luk, was in­struk­teur

Beeld - - News - – Ca­ra­Lee Dorf­ling

Die vlie­ë­nier wat eer­gis­ter­og­gend na­by Mos­sel­baai dood is toe sy lig­te vlieg­tuig neer­ge­stort het, was ’n vlie­gin­struk­teur.

Keith Pa­ter­son was ver­bon­de aan die PTC A­vi­a­ti­on-vlieg­skool in Port E­li­za­beth.

Aan­ge­sien hy ’n goeie vlie­ë­nier was, moes Pa­ter­son ’n erns­ti­ge wan­funk­si­o­ne­ring of pro­bleem er­vaar het, het At­tie Nie­mann, uit­voe­ren­de hoof van PTC A­vi­a­ti­on, op Fa­ce­book oor sy vriend ge­skryf.

Die on­ge­luk het om­streeks 10:00, glo in die Gond­wa­na-wild­re­ser­vaat, plaas­ge­vind.

Pa­ter­son was al­leen in die RV 7-vlieg­tuig na Kaap­stad op pad na ’n vriend wat die vlieg­tuig ’n ruk ge­le­de by hom ge­koop het, sê Nie­mann.

Rus­sel Mei­ring, ’n woord­voer­der van die nood­diens ER24, het vroe­ër ge­sê nood­diens per­so­neel­le­de het op die vlieg­tuig­wrak af­ge­kom.

Die vlieg­tuig het ná die im­pak ’n ent ge­gly en wrak­stuk­ke het oor die grond ge­strooi ge­lê. Die lyk is ’n ent van die vlieg­tuig af ge­kry.

Kapt. Mal­colm Po­jie, po­li­sie­woord­voer­der, het ge­sê die Bur­ger lug­vaart o­wer­heid sou waar­skyn­lik gis­ter met sy on­der­soek op die to­neel be­gin het.

Keith Pa­ter­son

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.