Wrak­stuk deel van ver­mis­te MH370

Beeld - - News - Eu­ge­ne Gun­ning Jackie Kru­ger

en

’n Deur­braak is ge­maak in die op­los­sing van die raai­sel van vlug MH370 van Ma­lay­sia Ai­r­li­nes wat twee jaar ge­le­de soos in die niet ver­dwyn het.

’n On­der­soek­span het be­ves­tig dat die wrak­stuk­ke wat in SuidA­fri­ka en op Ro­dri­gues-ei­land ge­vind is, waar­skyn­lik deel van die vlieg­tuig was, het die Ma­lei­sie­se mi­nis­ter van ver­voer in ’n ver­kla­ring ge­sê.

Neels Kru­ger, ’n ar­ge­o­loog van P­re­to­ria, het in Maart op ’n wrak­stuk by Klein-Brak­ri­vier in die Suid-Kaap af­ge­kom. Daar is ver­moed dat dit aan MH370 be­hoort en is Ma­lei­sië toe ge­stuur.

Die vlieg­tuig het op 8 Maart 2014 ver­mis ge­raak kort na­dat dit met 239 pas­sa­siers en be­man­nings­le­de van Ku­a­la Lum­pur op­ge­styg het op pad Bei­jing toe.

Kru­ger het gis­ter­og­gend ge­sê die on­der­soek­be­amp­tes het hom deu­ren­tyd op die hoog­te ge­hou van die on­der­soek.

“Se­dert ek die wrak­stuk op­ge­tel het, het ek met ver­skeie men­se ge­sels. Ek het geen twy­fel ge­had dat dit deel is van die vlieg­tuig nie. Dit is die groot­ste mis­te­rie in die lug­vaart­ge­skie­de­nis en wrak­stuk­ke word in Suid-A­fri­ka ge­vind.

“Ek is bly dat ek ’n by­drae kon le­wer.”

Na­dat die wrak­stuk ge­vind is, het hy met van die fa­mi­lies kon­tak ge­had.

Die diep­see-on­der­soek gaan af­ge­las word en die fa­mi­lies wil hê dit moet voort­gaan.

“El­ke lie­we wrak­stuk wat ge­vind word, bring (hul­le) ’n tree na­der aan be­rus­ting,” sê Kru­ger.

“Dit gaan nie net oor die ant­woor­de nie, maar be­rus­ting vir die fa­mi­lies.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.