Ka­bi­net kap ras­sis­me ná reg­ter se uit­la­tings

Beeld - - News - Jan Ger­ber en Han­nes Kru­ger

Fo­to’s: THAPELO MAPHAKELA Reg­ters moet bo ver­den­king wees, het No­si­vi­we Ma­pi­sa-N­qa­ku­la, mi­nis­ter van ver­de­di­ging, gis­ter ge­sê na aan­lei­ding van die ras­se­storm oor reg­ter Ma­bel Jan­sen se uit­la­tings.

“Die af­sku­we­lik­ste ding is dat sy ’n lid van die reg­bank is,” het Ma­pi­sa-N­qa­ku­la op ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie ge­sê.

“Ons re­spek­teer die reg­bank. In­dien som­mi­ge le­de van die reg­bank so ’n stel­ling maak, wie gaan die Grond­wet van die Re­pu­bliek van Suid-A­fri­ka be­skerm?

“Waar­heen neem ons ons toe­vlug as dit nie reg­ters is nie?”

Lui­dens ’n ver­kla­ring ver­oor­deel die ka­bi­net die “bla­tan­te ras­sis­me wat ge­toon is deur som­mi­ge in­di­vi­due in ons land, spe­si­fiek op so­si­a­le­net­werk­plat­forms”.

Ma­pi­sa-N­qa­ku­la was ver­al be­sorg oor die klaar­blyk­li­ke op­bloei in ras­sis­tie­se voor­val­le. Sy meen al­le Suid-A­fri­ka­ners moet in­tro­spek­sie doen.

“Wat is dit wat so ’n hou­ding in Suid-A­fri­ka laat pos­vat het? Ons glo baie van ons het baie hard ge­werk om werk­lik die kwes­sies van die so­si­a­li­se­ring van ons men­se te han­teer en nou vind ons dat ons 22 jaar la­ter ag­ter­uit­gaan.”

Ay­an­da Dlod­lo, ad­junk­mi­nis­ter van staats­diens en ad­mi­nis­tra­sie, het ge­sê as daar nie ’n wet kom om ras­sis­me te han­teer nie, kan dit erns­ti­ge ge­vol­ge in­hou vir die ver­hou­dings tus­sen wit en swart SuidA­fri­ka­ners.

“Die­ge­ne aan die ont­vang­kant van ras­sis­me sal wraak neem. Dit is nie goed vir die land nie. Dit is die laas­te ding wat ons wil sien,” het Dlod­lo ge­sê.

) Die Ba­lie­raad van die P­re­to­ri­a­se Ver­e­ni­ging van Ad­vo­ka­te het die Reg­ter­li­ke Diens­kom­mis­sie se be­sluit ver­wel­kom om drin­gen­de stap­pe teen Jan­sen te doen.

Die ba­lie­raad sê hy stem saam met die Ad­vo­ka­te vir Trans­for­ma­sie (AFT) dat Jan­sen se be­weer­de ras­sis­tie­se aan­mer­kings op so­si­a­le me­dia haar aan­sien as reg­ter kan skaad en die toe­pas­sing van ge­reg­tig­heid in die ge­drang kan bring.

Jan­sen is met spe­si­a­le ver­lof han­gen­de die amp­te­li­ke klag wat adv. Vuy­a­ni N­gal­wa­na, voor­sit­ter van die AFT, teen haar by die RDK in­ge­dien het.

ANC­le­de be­toog gis­ter voor die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria waar Da­vid Ma­bu­za, pre­mier van M­pu­ma­lan­ga, se las­ter­eis teen Mat­hews P­ho­sa aan­ge­hoor word.

Reg­ter Ma­bel Jan­sen

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.