Be­we­rings teen hom ver­sin, sê P­ho­sa

Beeld - - News - Le­an­ne Ge­or­ge

Die be­we­rings teen hom is ge­fa­bri­seer, het Mat­hews P­ho­sa, sa­ke­man en die ANC se voor­ma­li­ge te­sou­rier-ge­ne­raal, gis­ter in die las­ter­saak teen hom ge­tuig.

Da­vid Ma­bu­za, pre­mier van M­pu­ma­lan­ga, dag­vaar P­ho­sa in die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria vir R10 mil­joen.

Ma­bu­za be­weer P­ho­sa het ’n do­ku­ment aan se­ni­or ANC-le­de ge­stuur waar­in hy as ’n a­part­heid­spi­oen voor­ge­hou word.

Dit is die eer­ste keer dat P­ho­sa, voor­ma­li­ge pre­mier van M­pu­ma­lan­ga, sy kant van die saak voor die hof stel.

Ma­bu­za be­weer P­ho­sa was een van die skry­wers van ’n hoogs ge­hei­me “spi­oe­na­sie­ver­slag” en het die do­ku­ment aan Jes­se Du­ar­te, die ANC se ad­junk-se­kre­ta­ris-ge­ne­raal, ge­stuur met die doel om hom te dis­kre­di­teer.

P­ho­sa het gis­ter voor reg­ter Bill Prins­loo ge­tuig in 2014 het sy kok die do­ku­ment in ’n on­ge­merk­te koe­vert aan hom ge­gee. Dit was by sy huis in Wit­ri­vier.

“Ek weet nie waar dit van­daan ge­kom het of wie dit ge­skryf het nie,” het P­ho­sa ge­tuig.

Vol­gens hom het hy dit aan Du­ar­te ge­stuur om­dat hy die be­we­rings in die do­ku­ment as “ui­ters erns­tig” be­skou het.

“Dit kon die ANC se in­te­gri­teit, as­ook dié van die pre­mier se kan­toor, erg ska­de be­rok­ken het.”

Hy het ge­sê Du­ar­te het hom ’n paar maan­de voor dié voor­val al ge­vra: “Ons as ANCamp­te­na­re wil weet pre­sies wie hier­die Da­vid Ma­bu­za is.”

“Daar­om het ek die ver­slag aan haar ge­stuur toe dit in my be­sit be­land het,” het P­ho­sa ge­sê.

“Die vol­gen­de wat ek daar­van ge­hoor het, was toe ’n joer­na­lis van Beeld my ge­bel het vir kom­men­taar. Ek het die joer­na­lis ge­vra om eers die do­ku­ment aan my te s­tuur voor­dat ek daar­op sou kom­men­taar le­wer.

“In haar on­skuld het sy die dek­brief van die pro­ku­reurs­fir­ma, by wie sy dit waar­skyn­lik ge­kry het, ook aan­ge­heg.”

Vol­gens P­ho­sa moes hy ’n ruk daar­na weer in die me­dia lees dat daar glo ’n naam­sken­ding-on­der­soek teen hom is.

Jan Ven­ter, ’n voor­ma­li­ge vei­lig­heids­po­li­sie­man en werk­ne­mer van P­ho­sa, het vroe­ër van­dees­week ge­tuig hy het ge­hoor hoe P­ho­sa op sy stoep aan ’n sa­ke­ven­noot sê hul­le gaan ’n “spi­oe­na­sie­ver­lag” oor Ma­bu­za op­stel en dit aan Lut­hu­li-huis s­tuur.

P­ho­sa het ge­sê dié be­we­ring is vals.

Hy het Ven­ter af­ge­dank na­dat Ven­ter fo­to’s van die bin­ne­kant van sy huis aan die me­dia ge­lek het.

Die saak duur voort.

’n On­der­steu­ner van Da­vid Ma­bu­za dra sy hart op sy hemp.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.