Mai­ma­ne pak NVG oor Zu­ma­klag­te

Beeld - - News - Jan Ger­ber

“Hou op voe­te sleep en laat ge­reg­tig­heid ge­skied.”

Dit is M­mu­si Mai­ma­ne, DA­lei­er, se bood­skap aan die na­si­o­na­le ver­vol­gings­ge­sag (NVG) oor die 783 klag­te teen p­res. Ja­cob Zu­ma wat ver­band hou met kor­rup­sie, be­drog en ram­pok­ke­ry.

Mai­ma­ne het adv. S­haun A­bra­hams, di­rek­teur van o­pen­ba­re ver­vol­ging, ge­vra om in die o­pen­baar dui­de­lik­heid te gee oor of hy die klag­te gaan her­in­stel. Hy sê die sper­tyd is van­dag. A­bra­hams het ge­ant­woord dat re­spon­den­te 15 dae ná ’n be­slis­sing het om aan te dui of hul­le ap­pèl gaan aan­te­ken. Hy sal voor of op dié da­tum aan­dui wat sy plan­ne is.

In sy ver­kla­ring sê Mai­ma­ne dit sal van­dag 14 dae wees na­dat die hoog­ge­regs­hof be­vind het die be­sluit om die 783 klag­te teen Zu­ma te laat vaar, was ir- ra­si­o­neel.

“Vol­gens ons eie regs­me­ning is die klag­te ou­to­ma­ties her­in­ge­stel as ge­volg van die een­pa­ri­ge be­slis­sing. Die DA re­spek­teer die NVG se on­af­hank­lik­heid, maar kan nie ver­geet dat dit ’n hof­stryd van se­we jaar ge­verg het om die baie be­lang­ri­ke be­gin­sel te ver­se­ker dat el­ke SuidA­fri­ka­ner – maak nie saak hoe mag­tig nie – ge­lyk voor die reg be­han­del word,” sê Mai­ma­ne.

“Dit is nou tyd om p­res. Zu­ma sy dag in die hof te gee en om hom die ge­leent­heid te gee om hom te ver­de­dig, son­der vrees of voor­be­houd, teen die 783 klag­te van kor­rup­sie, be­drog en ram­pok­ke­ry wat hom nou in die ge­sig staar.”

Die ka­bi­net het in ’n ver­kla­ring ’n be­roep ge­doen dat die sa­me­le­wing die NVG “toe­laat om sy grond­wet­li­ke plig­te in­ge­vol­ge art. 179 (5) van die Grond­wet on­af­hank­lik uit te voer son­der e­ni­ge on­be­hoor­li­ke druk uit e­ni­ge oord”.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.