In­wo­ners laat pre­mier bont­staan in ‘leeu­kuil’

Beeld - - News - Clau­di Mai­lo­vich

Da­vid Mak­hu­ra, pre­mier van Gau­teng, het as’t wa­re by ’n leeu­kuil in­ge­stap toe hy in­wo­ners van Eldoradopark, suid van Jo­han­nes­burg, eer­gis­ter­aand toe­ge­spreek het.

Mak­hu­ra het ’n ge­meen­skaps­ver­ga­de­ring toe­ge­spreek as deel van die Gau­teng­se re­ge­ring se N­ti­r­hi­sa­no-uit­reik­pro­jek.

’n Mak­li­ke ge­hoor het hy nie ge­had nie. Die men­se van El­do’s is kwaad, want hul­le meen hul­le was in die a­part­heids­tyd “te swart” en nou is hul­le “te wit”.

Hul­le het die een ná die an­der pro­bleem ge­noem: Die dwelm- pro­bleem is reus­ag­tig, die gro­ten­deels A­fri­kaan­se ge­meen­skap se kin­ders moet in En­gels skool­gaan, die po­li­sie is kor­rup en swart be­mag­ti­ging doen niks om die bruin ge­meen­skap van Eldoradopark te be­voor­deel nie.

Mak­hu­ra het pro­ak­tief pro­beer wees deur van die pro­ble­me waar­mee die in­wo­ners te kam­pe het met die in­trap­slag op te noem.

“Toe die pre­si­dent (Ja­cob Zu­ma) daar­die dag (in 2013) hier was, was jul­le baie gaaf. Maar ek weet jul­le voel as­of jul­le nie ’n pri­o­ri­teit is nie,” het Mak­hu­ra ge­sê.

“Jul­le voel spe­si­fiek dat die men­se wat in die a­part­heids­tyd as K­leur­lin­ge ge­klas­si­fi­seer is, nie Suid-A­fri­kaans ge­noeg is nie. Jul­le was nie wit ge­noeg nie, en jul­le is nou nie swart ge­noeg nie. Ek weet dit is wat jul­le sê,” het Mak­hu­ra ge­sê.

Hy het la­ter be­na­druk dat sy be­soek nie ’n ver­kie­sings­foe­fie is nie.

Van tyd tot tyd het Mak­hu­ra ’n sin in A­fri­kaans in sy toe­spraak ge­sê.

Hul­le val nie vir die po­li­ti­ci se spin nie, het in­wo­ners aan Beeld ge­sê. “Want be­lof­tes word deur al­mal ge­maak en niks re­a­li­seer nie.

“Wat het van ver­le­de jaar se geld (in die be­gro­ting) vir El­do’s ge­word?” wou Gra­ce Kel­ly weet.

“Ons sko­le val uit­me­kaar ter­wyl ons die kin­ders van So­we­to wil ak­kom­mo­deer,” het Ayob Mun­ga­lee ge­sê.

Mun­ga­lee het ook aan Mak­hu­ra ge­sê ’n oor­log woed in Eldoradopark on­der tax­i­be­stuur­ders, maar nie­mand gee om nie om­dat dit in ’n bruin ge­meen­skap is.

Der­rick Ja­cobs, ’n ge­meen­skaps­lei­er, het voor die ver­ga­de­ring ver­tel sy dog­ter (24) het “st. 6” twee keer ge­druip om­dat sy skie­lik in En­gels moes skool­gaan.

“Hul­le moes haar net ’n ge­ly­ke kans ge­gee het. Hul­le sê mos: ‘E­qual rig­hts for e­ver­yo­ne.’ ”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.