NVG­hoof ‘ver­saak plig’ vir po­li­tie­ke spel

Beeld - - Wêreld­beeld - Pau­li van Wyk

Adv. S­haun A­bra­hams, hoof van die na­si­o­na­le ver­vol­gings­ge­sag (NVG), het sy plig ver­saak en sy amp mis­bruik om po­li­tiek te speel, sê genl.maj. Jo­han Booy­sen, voor­ma­li­ge K­waZu­lu-Na­tal­se Val­ke-hoof.

Booy­sen en 17 le­de van die Dur­ban­se Ca­to Ma­nor-een­heid teen ge­or­ga­ni­seer­de mis­daad daag A­bra­hams en adv. Nom­g­co­bo Ji­ba, NVG-ad­junk­hoof, voor die hoog­ge­regs­hof in Dur­ban.

As hul po­ging slaag, kan dit erns­ti­ge ge­vol­ge vir A­bra­hams in­hou om­dat dit gron­de kan wees vir die her­sie­ning van sy ge­skikt­heid vir sy amp.

Die ap­pli­kan­te vra die hof om die twee­de stel aan­klag­te van ram­pok­ke­ry teen hul­le te her­sien, om te keer en die NVG te ver­bied om weer ram­pok­ke­ryk­lag­te op die­self­de be­skul­di­gings aan­han­gig te maak.

Booy­sen is voor­heen vier keer deur die hoog­ge­regs­hof ge­lyk ge­gee, on­der meer toe die ser­ti­fi­ka­te vir ram­pok­ke­ryk­lag­te in­ge­vol­ge die Wet op Ge­or­ga­ni­seer­de Mis­daad wat in 2012 deur Ji­ba uit­ge­reik is, om­ge­keer is. Hy het ook sy ar­beid­sa­ke en ’n de­par­te­men­te­le tug­saak ge­wen.

Booy­sen is in Sep­tem­ber ver­le­de jaar weer ge­skors – weens ’n spel­fout wat lt.genl. Mt­han- da­zo Nt­le­me­za, Val­ke-hoof, as be­drog be­skryf.

In Fe­bru­a­rie van­jaar het A­bra­hams ook ’n ser­ti­fi­kaat weens ram­pok­ke­ry teen Booy­sen en die Ca­to Ma­nor-een­heid uit­ge­reik. In die do­ku­men­te het A­bra­hams ’n fla­ter be­gaan deur ’n oor­le­de­ne van ram­pok­ke­ry aan te kla.

Aan­klag­te van ram­pok­ke­ry is baie erns­tig en kan lei tot ’n boe­te van R1 mil­jard en/of le­wens­lan­ge tronk­straf. Dit is dus oop vir mis­bruik en daar­om mag net di eN V G-hoof of’ n per­so on­ge­mag­tig deur di eN V G­hoof’ n ram­pok­ke­ry ser­ti­fi­kaat uit­reik.

In ’n ver­kla­ring wat van­dees- week by die hof in­ge­dien is, sê Booy­sen die jong­ste stel ram­pok­ke­ryk­lag­te is deel van ’n “vol­ge­houe pa­troon om ons skul­dig te be­vind son­der die no­di­ge be­wy­se”.

Vol­gens hom het A­bra­hams die be­wy­se en ver­kla­rings nie be­hoor­lik deur­dink nie, want “as hy het, sou A­bra­hams nie ’n oor­le­de­ne van ram­pok­ke­ry aan­ge­kla het nie”.

A­bra­hams sou ook be­sef het sy ram­pok­ke­ry ser­ti­fi­kaat is uit­ge­reik op pre­sies die­self­de gron­de as waar­op Ji­ba in 2012 ram­pok­ke­ry ser­ti­fi­ka­te uit­ge­reik het. Die hoog­ge­regs­hof in Dur­ban het dié aan­klag­te( en ram­pok­ke­ry ser­ti­fi­ka­te) in 2014 reeds her­sien en om­ge­keer, sê Booy­sen.

Vol­gens hom het A­bra­hams sy ver­vol­gings­mag “mis­bruik” en die “ba­sie­se be­gin­sels van die reg” ge­skend.

“Ek word ge­dis­kre­di­teer oor ek my werk doen . . . die ram­pok­ke­ryk­lag­te is ont­werp om my in te sluit (as ’n ring­lei­er in ’n mis­daad on­der­ne­ming ), want geen­een van die be­wy­se in die oor­tre­dings (voor die hof) im­pli­seer my nie.”

Die do­ku­men­te is van­dees­week op A­bra­hams en Ji­ba be­te­ken. Die NVG het 15 dae om die ver­slag waar­op ge­steun is om die ram­pok­ke­ry ser­ti­fi­kaat uit te reik, bloot te lê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.