Selfs tuin­wer­ker help in kli­niek

Beeld - - Wêreld­beeld - Su­san Cil­liers

By die Kar­lien­park-kli­niek in Rus­ten­burg is daar so ’n groot per­so­neel­te­kort dat die tuin­wer­ker glo lê­ers moet uit­deel.

Dr. Tu­tu Fa­le­ni, DA-woord­voer­der oor ge­sond­heid in Noordwes, sê in hul on­der­soek na die om­stan­dig­he­de in dié kli­niek het dit ook ge­blyk dat net twee ver­pleeg­sters na by­na 100 pa­si­ën­te moet om­sien. Dit sluit 24 kin­ders in.

“Van die pa­si­ën­te het ge­sê hul­le wag lan­ger as drie uur om ge­help te word.”

Die DA wil hê dr. Ma­go­mo Ma­si­ke, LUR vir ge­sond­heid in Noordwes, moet die kli­niek be­soek.

Die kli­niek on­der­vind boon­op ge­reeld krag toe­voer pro­ble­me.

“Hoe­wel Noordwes se ge­sond­heids­de­par­te­ment on­langs be­loof het krag­op­wek­kers sal aan die kli­niek voor­sien word, was daar by ons be­soek geen krag­op­wek­ker nie,” sê Fa­le­ni.

Vol­gens hom praat die DA al se­dert Ok­to­ber ver­le­de jaar met o­wer­he­de om o­plos­sings vir die pro­ble­me by die kli­niek te vind.

“E­lek­tri­si­teits­toe­voer i sal on­der­breek om­dat re­ke­nin­ge ag­ter­stal­lig was.

“Kar­lien­park is een van vier kli­nie­ke wat die de­par­te­ment van ge­sond­heid in 2013 on­der ad­mi­nis­tra­sie ge­plaas het,” sê hy.

Vol­gens Fa­le­ni het Ma­si­ke al voor­heen toe­ge­gee daar is uit­da­gings in die kli­niek, maar sy de­par­te­ment het nog nie o­plos­sings ge­vind om die ge­meen­skap se ver­troue in die kli­niek te her­stel nie.

Te­bo­go Lekg­wethwa­ne, woord­voer­der van die de­par­te­ment, het vroe­ër be­ves­tig dat die pro­vin­si­a­le re­ge­ring al ag­ter­stal­li­ge e­lek­tri­si­teit skuld van R 152000 na­mens die kli­niek moes be­taal.

Lekg­wethwa­ne het nie op ver­soe­ke om kom­men­taar ge­re­a­geer nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.