’n Leef­tyd se swaar dra aan kind se naam

Beeld - - Kommentaar - I­vor is ’n SABC2­nuus­le­ser en me­de­aan­bie­der van Mo­ni­tor op RSG.

Kort voor toe­maak­tyd staan ek met ’n bos­sie blom­me by ’n su­per­mark in Jo­han­nes­burg. Dit is vir Te­ars, die kas­sier wat my die vo­ri­ge aand by een van die be­taal­pun­te ge­help het.

Die vei­lig­heids­wag by die deur se to­ne krul van lek­ker­kry.

Sy tan­de wys hy ver­moed dis ’n lief­des­ver­haal, maar ek is re­de­lik se­ker dat Te­ars nie eens van my be­staan be­wus is nie.

“Gaan gee dit self, c­hief,” sê die wag. Hy wink in die rig­ting van die be­taal­pun­te, maar ek het nie die moed om tot by haar te loop nie. Hoe ver­dui­de­lik ek die blom­me? Hoe sê ek dit is al­les oor haar naam?

Eint­lik is sy Di­ki­le­di ge­doop, het sy die vo­ri­ge aand ver­dui­de­lik – son­der ’n sweem­pie ir­ri­ta­sie vir stel­lig net nóg ’n vreem­de­ling wat on­ge­mak­li­ke vrae oor haar naam­bord­jie vra.

Net nog ’n klant in die tou wat sy met klein praat­jies moet be­sig hou voor­dat sy hom met ’n “che­que or sa­vings?” kan groet.

Di­ki­le­di is die Tswa­na-woord vir tra­ne. Soos met die mees­te an­der A­fri­ka­na­me is Te­ars se naam ’n be­skry­wing van haar ou­ers se ge­moeds­toe­stand by haar ge­boor­te of be­vrug­ting – dus, ’n leef­tyd se swaar­dra ge­grond op ’n spe­si­fie­ke er­va­ring van haar ou­ers.

By­ge­sê, ek’t ook al ge­noeg mooi A­fri­ka-na­me te­ë­ge­kom wat ek e­ni­ge dag aan my eie kind sou gee, soos Pro­mi­se, wat al­tyd vir my aan­dui­dend is van die be­lof­te van ’n be­ter mô­re.

Maar in Te­ars se ge­val kon ek nie an­ders nie as om hard­op “shame, my de­ar” te sê.

Sy’t uit­druk­king­loos na my ge­kyk en vir ’n oom­blik selfs hart­seer ge­lyk – óf om­dat sy op­ge­skeep sit met die lang­ter­myn­im­pli­ka­sies van haar ou­ers se be­sluit óf om­dat ek haar moont­lik in die ge­sig ge­vat het.

Eint­lik is ons om­ring deur men­se wat swaar dra aan hul vreem­de na­me.

By A­fri­kaan­se men­se is daar boon­op nog die ek­stra el­len­dig­heid van ’n ma en pa wat dik­wels hul eie na­me saam­voeg in ’n nuut­skep­ping wat ja­re la­ter tot ’n lae self­beeld en ver­leent­heid kan lei.

Oral in die wê­reld is daar kin­ders wat wroeg met die e­ti­ket­te wat hul eie ou­ers soos knof­fel om hul nek­ke ge­hang het.

Die tyd­skrif Ti­me het im­mers al be­rig dat Sad­man in 2014 een van die ge­wild­ste ba­ba­na­me in die VSA was en ek’t in De­sem­ber ’n kel­ne­rin ge­naamd S­ha­boo­boo in New York ont­moet.

In­tus­sen staan en ver­welk Te­ars se blom­me op my kom­buis­ta­fel.

Ek het toe nie die moed ge­had om dit aan haar te gee nie. Die voor­val was vir haar waar­skyn­lik soos wa­ter op ’n eend se rug.

Ek was toe op die ou ein­de ook nie se­ker of sy dalk haar naam met trots dra nie.

’n Mens kan se­ker tra­ne van blyd­skap ook huil, of hoe? )

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.