Dis ou­ers wat aan­dag aan dis­si­pli­ne moet gee

Beeld - - Kommentaar - Hen­nie van S­ta­den van Cla­re­mont skryf:

Ek gee al 16 jaar pri­va­te wis­kun­de­klas­se vir gr. 8- tot gr. 12-leer­lin­ge. Ek is nie ’n on­der­wy­ser nie, maar ken die vak en het nog nooit ’n gr. 12-leer­ling ge­had wat druip as hy my klas­se een keer per week ’n uur by­woon nie.

My on­der­vin­ding is dat baie leer­lin­ge wat met wis­kun­de suk­kel te veel met hul sel­fo­ne of re­ke­naars be­sig is in plaas daar­van om tyd aan wis- kun­de te be­stee.

Die pro­bleem is blyk­baar groot klas­se in sko­le en dat leer­lin­ge nie ge­dis­si­pli­neerd is nie. Wis­kun­de ver­eis toe­ge­wy­de werk, el­ke dag, so­dat leer­lin­ge moei­li­ker be­grip­pe kan baas­raak soos wat die vak moei­li­ker word.

Ek dink die kri­tiek op on­der­wy­sers en die de­par­te­ment is on­re­de­lik en dat ou­ers aan­dag aan hul kin­ders se dis­si­pli­ne moet gee.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.