Wat sê jy? S­tuur ’n SMS na 45571

Beeld - - Middelblad - ba­by­san­gers. – Neels van eMa­lahle­ni

C­heeky Watson en Ja­cob Zu­ma het baie in ge­meen. Al­bei glo hul­le doen uit­ste­ken­de werk, ploeg met an­der se kal­lers, weet nie wan­neer om halt te roep nie en klou aan hul pos­te vas. Be­sef hul­le nie hul­le is on­wel­kom nie? – D. Ra­bie

Mnr. Le­su­fi, ai tog­gie tog, waar is jou pri­o­ri­tei­te? Jy soek ’n lands­vlag op skool­u­ni­forms, sorg as­se­blief tog eers vir sko­le waar leer­lin­ge kan skool­gaan voor­dat die lands­vlag jou doel­wit is. – Es, Jhb

Die LUR vir on­der­wys in Gau­teng moet na skool­be­stu­re in die al­ge­meen kyk. On­langs ’n pro­bleem met ’n skool op­ge­neem oor hul na­sorg­ge­rief. Is met ve­nyn, ar­ro­gan­sie, on­be­skoft­heid en ei­e­reg­tig­heid ont­vang. – Si­mon, Nort­hcliff

Reg­ter Ma­bel Jan­sen het haar per­ke as reg­ter oor­skry. Van ’n reg­ter word ver­wag om al­tyd ob­jek­tief te wees en die be­gin­sels en waar­des van die reg­stel­sel te re­spek­teer. Daar be­staan nie iets soos ’n eie o­pi­nie nie! – Jan van Gaal­en

Dit het dees­dae die ge­wil­de uit­weg ge­word om op die his­te­rie­se ras­se­wa te spring. Maar as die skoen pas, trek hom aan. – JCP, Pta

Dit raak nou drin­gend nood­saak­lik dat ons ’n Ko­de­sa oor ras­sis­me hou so­dat die we­se, in­houd en oor­sa­ke van ras­sis­me, met in­be­grip van al die we­der­syd­se per­sep­sies, be­spreek kan word. – De­on D. Ek dink die ge­mid­del­de bur­ger in die land raak keel­vol vir die een­sy­di­ge be­oor­de­ling van ras­sis­me en die re­le­van­te po­li­tie­ke par­tye laat nie op hul­le wag om te ver­oor­deel nie so­dat stem­me ge­werf kan word. – Keel­vol van Vd­bp Daar’s niks om op trots te wees oor die ANC nie. – Le­ser Van­dat Zu­ma in be­heer is, is niks on­der be­heer nie. Daar’s nie woor­de nie. – Le­ser Mnr. Gord­han, wys jou staal en stop die aan­koop van Zu­ma se stra­ler. – Chris Tog te lek­ker om saam met Ko­sie Beu­kes ’n Wit­fiel­der te wees. Hou so aan, Ko­sie, jy gaan nog die wê­reld aan die brand tok­kel. Trots op jou. – Pier­re, Wit­field Aai, hoe heer­lik klop my hart oor Er­nest Mes­si­na se woor­de dat die Ko­sie Beu­kes Na­ma­kwa­lan­ders en men­se van die Kaap­se Vlak­te die taal net praat son­der om ’n stryd te stry. Dit is wat ek in I­ta­lië baie ja­re met my kin­ders ge­doen het. Net praat. Wat is mak­li­ker? – Tos­sie Lo­ch­ner Da­nie van Wyk oor A­fri­kaans: So ’n bek moet jêm kry. – An­dré Stem­met, Mo­nu­ment­park Slim, sexy S­te­ve. – Le­ser Ek stem vol­ko­me saam met Pie­ter Gro­bler oor Mo­sam­biek. Die groot rot in Pont ai s’ n wit Por­tu­gees wat met’ n toe raam vier wiel mo­tor­fiets rond­ry. Ek was ook in die tronk daar. – Ma­ri­us Jou­bert Ab­so­luut ge­trau­ma­ti­seerd in Moz! Nie net kor­rup­sie nie, maar ho­pe­lo­se, hart­ver­skeu­ren­de ar­moe­de ver­oor­saak 1 000 dae se tra­ne en ’n stuk­ken­de hart wat net Ge­na­de al­leen weer kan heel­maak! Nooit, ooit weer nie! – Bly eer­der tuis, Jhb Die e­vo­lu­si­o­nis­te het die laas­te tyd heel­wat ruim­te ge­kry om fei­te voor te lê wat hul saak kan be­wys. Kan die kre­a­si­o­nis­te nie ook nou ’n beurt kry nie? – JHJ, Mid­del­burg Por­no­net se Le­o­ne S­teyn wat jul goed­har­tig­heid so mis­bruik het. Word wak­ker, daar is baie soos sy. Ku­ber­be­del is die nu­we mak­li­ke ma­nier om geld in die han­de te kry. On­der­steun net daar in jou eie ge­meen­skap en gaan kyk wat doen die ka­lan­te met jou geld! – Le­ser Ek stem saam met Pe­tro Ey­se­le. Was tien dae in die Bo­land en Wes­kus en daar is nog sil­wer­skoon ta­fel­tjies waar jy kan stil­hou en vrien­de­li­ke kas­sie­re by be­taal­pun­te. – San­dra, Si­no­vil­le Kan I­sak Bur­ger ver­dui­de­lik waar­om dit vir hom on­denk­baar, skok­kend en ’n te­leur­stel­ling is dat ie­mand na hom/haar­self kan ver­wys as ’n a­te­ïs? – An­dries Ter­blan­che Ek is se­ker al­mal is op­ge­won­de en bly oor die be­sluit om meer A­fri­kaan­se mu­siek te hoor oor die ra­dio. Spaar ons as­se­blief net die beau­ti­ful Die SAUK gaan op hul sta­sies 90% plaas­li­ke mu­siek speel. Hoe­kom mis­ken hul­le luis­te­raars se keu­ses? Ek kan nie ont­hou dat hul­le vir my ’n ra­dio ge­koop het nie? Ek ruik ’n rot. – Lu­kas Waar­om Na­dia Beu­kes se ou won­de en seer oop­gra­we en uit­stal? Swak en on­no­dig! – Le­ser Daar word so­veel op­hef van C­heslin Kol­be ge­maak, maar kan ie­mand my sê hoe­veel drieë het hy van­jaar ge­druk en hoe­veel hy af­ge­staan het deur sy swak ver­de­di­ging? – Daan S­chee­pers, E­ast Lyn­ne Ru­dy Pai­ge se doel­lo­se weg­skop van die bal gaan die Bul­le weer die wed­stryd kos. – Ge­or­ge Suid­A­fri­ka het ’n ghoe­roe in be­roeps­boks ver­loor met die uit­tre­de van Nick du Randt. As jong man het ek en hy saam ge­werk in Hoek­straat, Jo­han­nes­burg. Daar het hy reeds uit­staan­de lei­ers­ei­en­skap­pe ge­toon. Nick, jy dra die wê­reld­kam­pi­oen gor­del as­bok s af­rig­ter. – Bill See­ley, Ray­ton Van­lo­se Faan, daar is geen eks­klu­sie­we reg op o­pi­nies nie. Vat vre­de. – Da­wie Ger­rie lees die weer op kykNET en praat van don­ner­bye. Ek hoop net die don­ner­se bye vat nie die heu­ning weg nie! – Ca­rel, Pta

C­heslin Kol­be

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.