Tyd ryp vir taal­stryd?

Wit en bruin A­fri­kaans­spre­ken­des het on­af­ge­han­del­de din­ge tus­sen hull­le, skryf Tim du P­les­sis. Kry ’n ge­me­ne de­ler on­der A­fri­kaans­spre­ken­des om uit­da­gings die hoof te bied, sê Ja­son Lloyd.

Beeld - - Middelblad -

Ie­wers kort ná die koms van die nu­we be­de­ling in 1994 het An­tjie Krog ge­skryf: A­fri­kaans sal eers ge­red word as die taal ge­red kan word van die men­se wat hom nou wil red.

Die des­tyd­se taal­stry­ders was op en­ke­les na al­mal uit die ster­wen­de NP/A­fri­ka­ner-es­ta­blishment. Hul be­doe­lings was goed en die be­drei­ging wat hul­le vir A­fri­kaans in die toe­koms ge­sien het, is in­tus­sen reg be­wys. Maar hul­le was die “ver­keer­de” ou­ens ge­wees om die vlag vir A­fri­kaans op te tel. Die tyds­gees des­tyds, ver­al in die vroeë Man­de­la-ja­re, was ook nie heel­te­mal reg vir taal­stryd nie.

In­tus­sen het die see vol wa­ter ge­loop. Baie van die des­tyd­se stry­ders is steeds daar. Vas­byt is nie ver­niet een van A­fri­kaans se bes­te woor­de nog nie.

WVK vir A­fri­kaans

Maar am­per be­lang­ri­ker as die oud­stry­ders is die nu­wes wat toe­ge­tree het. Ek won­der of al­mal be­sef hoe be­te­ke­nis­vol dit is as

Da­nie van Wyk van die Suid-A­fri­kaan­se On­der­wys ont­wik­ke­lings­trust skryf :“... A­fri­kaans i son­der be­leg en dit ver­se­ker on­se­ker­heid by al­le A­fri­kaans­spre­ken­des .”

Dus: nie net FW de K­lerk, Flip Buys, T­heuns Eloff, Hermann Giliomee, B­rey­ten B­rey­ten­bach en die­sul­kes nie. Ook bruin (en swart) A­fri­kaans-pra­ters wat in de­ka­des van on­reg af­ge­jak en weg­ge­wys is in A­fri­kaans deur A­fri­kaans-pra­ters met lig­ter vel­le is on­rus­tig en wil moue op­rol.

Sou Van Wyk cir­ca 1996 on­der die­ge­ne ge­wees het wat A­fri­kaans wou “red”? Ek glo nie. Ook nie Er­nest Mes­si­na van die A­fri­kaan­se Han­del-s­in­sti­tuut nie. So, An­tjie, is die tyd nou ryp?

Van Wyk sê wit en bruin A­fri­kaans­spre­ken­des be­no­dig hul eie“waar­heid-en ver­soe­nings ge­sprek” om die lug tus­sen hul­le be­hoor­lik te sui­wer. W, V en K is dees­dae rooi let­ters – vir wit en swart. Maak nie saak nie. Van Wyk het ’n punt beet. Ons het on­af­ge­han­del­de din­ge tus­sen ons.

Ek het ge­glo die Bel­har-pro­ses sou in dié di­na­miek ’n suur­deeg­rol speel. Laat ek da­de­lik sê ek is nie NG nie en nie te­o­lo­gies on­der­lê nie. Die vraag: ja of nee vir Bel­har was nooit voor my nie. Maar as dit my keu­se was, sou ek die Bel­har-be­ly­de­nis aan­vaar het – dit sou ’n be­lang­ri­ke sim­bo­lie­se sein van wit NG men­se aan bruin en swart NG men­se ge­stuur het.

Maar ek wil steeds, net na­mens my­self, met Van Wyk en an­der bruin en swart A­fri­kaan-s­pra­ters ’n WVK-ti­pe ge­sprek voer. Om die e­ti­ket van “jul­le is in de­ni­al” (oor die ver­le­de) van my nek af te kry, maar ook om die boe­ke vir ou­laas oop te maak voor­dat hul­le toe­ge­maak word. So­dat ons vo­ren­toe kan gaan.

Dié week se by­dra­es het twee (vir my) lief­li­ke nu­we woor­de op­ge­le­wer: Van Wyk oor die bruin A­fri­kaan­ses se mis­ken­de “taal­ge­trou­heid” en prof. An­ne-Ma­rié

Beu­kes, voor­sit­ter van die A­fri­kaan­se Taal­raad, se i­dee van “taal­bur­ger­skap”.

Beu­kes op­per die na­vor­sing wat aan­toon dat twee der­des van die stu­den­te op S­tel­len­bosch En­gels as on­der­rig­taal ver­kies. Op ’n kam­pus waar 60% van die stu­den­te A­fri­kaans­spre­kend is. Jy kan nie stry met sy­fers nie. Maar hoe­kom sal e­nig­ie­mand oor hul­le ver­baas wees? As op­een­vol­gen­de rek­to­re, ag­ter­na­ge­praat deur ge­sie­ne hoog­le­raars, vir ont­vank­li­ke stu­den­te sê die toe­koms is En­gels, jy kan net wê­reld­klas wees as jy ver­en­gels, A­fri­kaans is vrot van die stig­ma, die hand­boe­ke is En­gels – al daai non­sens – wat an­ders sal stu­den­te doen as om vrot En­gels, Suid-A­fri­ka se 12de amps­taal, te kies?

Lord Mil­ner moet glim­lag in sy graf oor dié hens­op­pe­ry met dro­gar­gu­men­te. Taal met ’n “stig­ma” Die Wa­pad- re­dak­teur Je­a­nel­le G­rey­ling skryf: om A­fri­kaans te wees, is soos om “die naam­ge­noot van ’n reeks­moor­de­naar te wees”. Dis ’n “kon­ser­wa­tie­we taal” met ’n “land­wye stig­ma” wat aan haar kleef. S­joe! (Lees hectic!) G­rey­ling vra “ou­der­wet­se A­fri­kaans-spren­des” om gra­sie en ver­an­de­ring in hul denk­wy­se toe te laat. Ek voel aan­ge­spreek en doen my bes.

Die be­faam­de re­dak­teur van Die Bur­ger Piet Cil­lié het oor Bram Fis­cher ge­skryf: “’n klein volk” moet bid vir wys­heid om sy “soe­ken­de kin­ders aan sy kant te hou”.

As men­se soos G­rey­ling dit nie “voel” vir die taal nie, moet ons, soos die Sotho’s in A­fri­kaans sê, ’n plan sien. Jy kan hul­le nie dwing nie. Du P­les­sis is gas­re­dak­teur van die ge­spre­kreeks en nuus­hoof by kykNET.

Dit is mis­kien te am­bi­si­eus om ’n vraag oor waar­heen A­fri­kaans en sy men­se op pad is tot be­vre­di­ging van al sy spre­kers te be­ant­woord. E­ni­ge ge­sprek oor A­fri­kaans is ’n ge­laai­de on­der­werp wat van­self­spre­kend ou pa­ra­dig­mas en sen­ti­men­te op­diep.

His­to­rie­se taal­fou­te wat in die naam van, of met A­fri­kaans ge­pleeg is, roep ou her­in­ne­rin­ge en wee­moed by die mees­te SuidA­fri­ka­ners op.

Mis­kien moet ons eers be­paal wie is A­fri­kaan­se men­se? Die 2011-sen­sus het ge­toon A­fri­kaans het se­dert die 2001-sen­sus 871 000 huis­taal-spre­kers by­ge­kry. Die land het nou meer as 6,8 mil­joen A­fri­kaans­spre­ken­des, waar­van 3,4 mil­joen bruin is en 602 166 swart is. Net 2,7 mil­joen is wit.

A­fri­kaans­spre­ken­des is ’n men­gel­moes met uit­een­lo­pen­de ag­ter­gron­de. Wat is dan die ge­me­ne de­ler, in­dien e­ni­ge, on­der A­fri­kaans­spre­ken­des? Al­e­wi­ge ge­kib­bel Dit laat my dink aan wy­le prof. Ja­kes Ger­wel se ge­spot oor die bruin men­se. Hy het ge­sê die e­nig­ste kon­stan­te ge­me­ne de­ler van bruin men­se is die ge­du­ri­ge de­bat oor of iets soos bruin men­se be­staan of nie.

So ook is dit mis­kien vei­lig om te sê die e­nig­ste kon­stan­te ge­me­ne de­ler van A­fri­kaans­spre­ken­des (ver­al A­fri­ka­ners) is die ge­du­ri­ge de­bat oor of daar wel ’n plek vir A­fri­kaans as on­der­rig­taal op die kam­pus van die U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch (US) moet wees of nie.

Die eind­doel van die al­e­wi­ge ge­kib­bel oor A­fri­kaans is nie al­tyd dui­de­lik nie. Ook be- staan daar geen kon­sen­sus on­der A­fri­kaans­spre­ken­des wat die eind­doel of ge­me­ne de­ler moet wees nie. So ver­val die A­fri­kaan­se de­bat al­tyd in eng­heid en sleg­sê­e­ry.

B­rey­ten B­rey­ten­bach se on­lang­se ope brief aan prof. Wim de Vil­liers, US-rek­tor, en die re­ak­sie van on­der an­de­re dr. Piet Crou­camp is ’n be­wys dat A­fri­kaans­spre­ken­des (of lie­wer A­fri­ka­ners) eint­lik in ge­sprek is met me­kaar ter­wyl an­der groe­pe tot toe­skou­ers ge­re­du­seer is.

Is dit mis­kien hoe­kom bruin men­se be­we­ging­loos is as S­tel­len­bos­se taal­stry­ders hul­le be­hoef­tes op die “arm bruin stu­den­te” pro­jek­teer “wat sal kre­peer as A­fri­kaans by Ma­ties as on­der­rig­taal ver­dwyn (…)”?

O­neer­li­ke me­ga­nis­me

Die stand­punt dat bruin men­se te na­ge­kom sal word, word as ’n o­neer­li­ke ver­de­di­gings­me­ga­nis­me be­skou om A­fri­kaans by die US as on­der­rig­taal te be­hou. Dit saai ver­deeld­heid on­der wit en bruin men­se eer­der as om ’n ge­me­ne de­ler on­der A­fri­kaans­spre­ken­des te help i­den­ti­fi­seer.

Die we­ten­skap­li­ke be­na­de­ring van taal­in­doe­nas wat die voor­de­le van moe­der­taal­on­der­rig op skool en ter­si­ê­re vlak uit­wys, het nog min ge­doen om A­fri­kaans­spre­ken­des ag­ter dié “we­ten­skap­li­ke waar­heid” te ver­e­nig.

Nog er­ger is dat dié “we­ten­skap­li­ke waar­heid” maar min ge­doen het om die re­ge­ring tot an­der in­sig­te te bring oor die voort­be­staan van A­fri­kaans as on­der­rig­taal.

Ek ver­moed lie­wer dat daar ’n on­wil­lig­heid be­staan om te er­ken dat A­fri­kaans as ’n po­li­tie­ke taal of wa­pen in­ge­span is om die A­fri­ka­ner se be­staan in die ou be­de­ling te ver­skans en ook om an­der groe­pe met kru A­fri­kaan­se woor­de te ver­ne­der.

Reeds daar­om mis­kien die re­de­na­sie dat A­fri­kaans as taal nie ge­straf kan word vir sy spre­kers se optrede nie. On­langs is die uit­la­ting van die in­tel­lek­tu­eel wy­le Ver­nie Fe­bru­a­ry dat geen taal skul­dig kan wees aan wat die spre­kers daar­van ge­pleeg het nie, in­ge­span om dié re­de­na­sie te be­vor­der.

Dalk is dit so, maar wat uit die oog ver­loor word, is dat A­fri­kaans skul­dig ge­hou word vir die A­fri­ka­ner se po­li­tie­ke optrede jeens swart men­se in die a­part­heids­tyd.

Die ne­ga­tie­we hou­ding jeens A­fri­kaans word aan­ge­wak­ker om his­to­rie­se po­li­tie­ke re­des en daar­om moet A­fri­kaans­spre­ken­des ’n ge­me­ne de­ler vind wat poog om die uit­da­gings van­uit ’n nu­we hoek te be­na­der.

Nee, moe­nie ’n po­li­tie­ke par­ty stig nie. Kry in­vloed­ry­ke en nu­we stem­me uit A­fri­kaans­spre­ken­de groe­pe by­een om met die ANC as po­li­tie­ke or­ga­ni­sa­sie te on­der­han­del vir ’n po­li­tie­ke op­los­sing rond­om A­fri­kaans.

A­fri­kaans het ’n po­li­tie­ke op­los­sing no­dig. Al be­te­ken dit die ver­en­gel­sing van S­tel­len­bosch en die ge­boor­te van ’n nu­we staats­ge­sub­si­di­eer­de A­fri­kaan­se u­ni­ver­si­teit in Oudts­hoorn of ie­wers in die Na­ma­kwa­land of die Ka­la­ha­ri. Ja­son Lloyd is ’n oud­joer­na­lis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.