Ge­loof maak men­se ge­lyk

Beeld - - Middelblad - – S­te­phan Jou­bert

S­te­re­o­ti­pes is ge­vaar­lik.

Te veel ke­re wen grow­we ver­al­ge­me­nings oor die­ge­ne wat an­ders is as ons, soos dat men­se van an­der kul­tu­re lui of min­der in­tel­li­gent as ons s’n is. Of dat men­se wat an­der i­dees oor die le­we het as ons sum­mier sleg is. Of dat net ge­lo­wi­ges op die mo­re­le ho­ë­grond leef.

Feit is, die He­re het aan die kruis al­le mens­ge­maak­te gren­se ge­re­la­ti­veer.

Nou val die klem nie meer op ge­slag­te­li­ke gren­se, soos man of vrou nie, of op so­si­a­le gren­se, soos slaaf of vry nie of op et­nie­se gren­se, soos Jood of G­riek nie. So skryf Pau­lus in Ga­la­si­ërs 3:28.

Ge­loof is die groot ge­lyk­ma­ker tus­sen men­se. Dit is die oog­oop­ma­ker wan­neer ons eie s­te­re­o­ti­pes ons blind maak.

Ons nu­we i­den­ti­teit is ge­se­tel in Chris­tus, nie in ons af­koms, sta­tus, ge­slag­te­lik­heid of kul­tuur nie.

Daar­om moet ons ons s­te­re­o­ti­pes ge­reeld be­soek en dit aan­hou­dend uit­skop uit ons har­te en ge­dag­tes.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.