E­vans ’n nu­we, in­te­res­san­te stem in te­a­ter­wê­reld

Beeld - - Kuns - T­han­die­la Gold­man Aphi­we Li­vi en Amy Lou­i­se Wilson in The Y­e­ar of the Bi­cy­cle. Tot 22 Mei.

The Y­e­ar of the Bi­cy­cle is ’n sur­re­a­lis­tie­se ver­tel­ling van waar­de­vol­le kin­der­vriend­skap­pe wat oor die gren­se van an­ders­heid strek.

Die vriend­skap ont­wik­kel in 1997, toe kin­ders Sim­ba-sky­fies ge­koop het vir die “ta­zo-ver­ras­sing” daar­in, waar Teena­ge Mu­tant Nin­ja Turt­les die hoog­te­punt van die dag was, en ’n agt­ja­ri­ge mei­sie­tjie en seun­tjie saam kon ver­geet van hul huis­li­ke pro­ble­me.

Jo­an­na E­vans, re­gis­seur en skry­wer van die teks, ge­bruik oor­spronk­li­ke en on­kon­ven­si­o­ne­le ma­nie­re om haar sto­rie le­wen­dig te maak. Die ka­rak­ters be­vind hul­self in me­kaar se on­der­be­wus­te ruim­tes wan­neer elk­een on­der­skei­de­lik een of an­der on­ge­luk mee­ge­maak het wat hul lig­ga­me stuk­kend ge­los het. Sy skep beel­de deur deel­tjies van die ge­heel te ge­bruik.

Al­les op die stel het meer as een funk­sie, tog is niks so voor die hand lig­gend dat die ge­hoor son­der sy ver­beel­ding die beel­de kan vol maak nie. Die styl van die stuk dwing die ge­hoor om die ver­beel­ding in te s­pan om uit­ein­de­lik die sto­rie so­veel te ge­niet as wat die ka­rak­ters hul eie ver­beel­ding­spe­le­tjies ge­niet.

Die ka­rak­ters pro­beer uit­pluis waar hul­le is, wat daar­toe ge­lei het en wat­ter im­pak dit op hul mens­wees ge­had het.

Hul­le wis­sel dus tus­sen die ruim­te van hul her­in­ne­rin­ge en hul hui­di­ge on­der­be­wus­te den­ke oor hul­self.

Soms kan die wis­se­ling lei tot ver­war­ring by die ge­hoor, ver­al as die teks te let­ter­lik en lo­gies be­na­der word.

Die ver­tel­ling maak ge­bruik van ma­gie­se re­a­lis­me: Dit be­te­ken dat e­nig­iets moont­lik is, en dat die ge­beu­re nie al­tyd hoef sin te maak nie. S­pro­kies, dro­me, her­in­ne­rin­ge en fan­ta­sieë vorm deel van die ka­rak­ters se er­va­rin­ge.

Die teks is ook nie chro­no­lo­gies nie. Daar is ge­du­rig te­rug­flit­se en tyd­spron­ge. Weer kan dit tot ver­war­ring lei in die ge­hoor. Die bes­te raad om te gee ten op­sig­te van die ver­war­ring, is om nie te pro­beer sin maak van die ver­haal nie, maar dit lie­wer net te er­vaar vir wat dit is.

Die ka­rak­ters wis­sel tus­sen agt en 18 jaar oud. Al­bei ak­teurs is suk­ses­vol in die oor­gang en kry dit reg om die on- skuld van ’n agt­ja­ri­ge ge­loof­waar­dig in die kol­lig te plaas.

Soms voel dit as­of die ak­teurs te luid is. In ’n klei­ner te­a­ter hoef hul­le be­slis nie so hard te praat of so ge­reeld te skree nie.

Aphi­we Li­vi speel die rol van die swart en ag­ter­ge­ble­we seun­tjie An­di­le.

Dié ak­teur moet ge­prys word vir die sub­tie­le wy­se waar­op hy die seun se tra­gie­se ver­haal ver­tel. Sy in­le­wing van sy ka­rak­ter is so ge­slaag dat ’n mens met tye ver­geet dat hy in der waar­heid nie ’n agt­ja­ri­ge kind is nie.

The Y­e­ar of the Bi­cy­cle het iets van To Kill a Mocking­bi­rd beet in die ma­nier hoe ras­se­ver­skil­le en die ga­ping tus­sen ryk en arm deur die oë van kin­ders ge­sien word. Die on­skul­di­ge en eer­li­ke be­na­de­ring van te­mas maak die teks in­te­res­sant en on­voor­spel­baar.

E­vans is ’n nu­we en in­te­res­san­te stem waar­aan te­a­ter­gan­gers aan­dag moet gee. ’n Mens sien uit om te weet wat sy vol­gen­de op die plan­ke gaan bring. )

Fo­to: VAL ADAMSON

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.