Drie le­gen­des se sang steel ge­hoor se har­te

Beeld - - Kuns - Paul Boek­kooi Tot 28 Mei

Sou die na­me van An­na­bel Lin­der, Keith S­mith, Mi­cha­el de Pin­na en Sam S­klair nie eers die ge­ring­ste vi­bra­sie van her­in­ne­ring in jou ge­heue op­roep nie, is jy wérk­lik nog te jonk, as­ook so ’n bie­tjie on­in­ge­lig wat die Suid-A­fri­kaan­se ver­maak­lik­heids­be­dryf be­tref.

Die eer­ste drie ge­noem­de le­gen­des is die kern van die met nos­tal­gie­se lied­jies ge­laai­de Three’s the Show, wat pas in Sand­ton se e­nig­ste te­a­ter ge­o­pen het. Die by­na 90-ja­ri­ge Sam S­klair en sy kla­ri­net voeg ’n bie­tjie flair tot die on­ge­wo­ne ge­leent­heid toe met die heel ge­pas­te “Play It A­gain, Sam”, ’n kom­po­si­sie van die le­gen­da­rie­se John­ny Dank­worth en C­leo Lai­ne, as­ook een van nóg ’n le­gen­de, Ge­or­ge Gershwin, se “I’ve Got R­hythm”.

S­klair en Lin­der is ge­troud en in hul uit­voe­ring van dié twee voor­tref­li­ke klas­sie­ke jazz­tref­fers word dit dui­de­lik dat hul­le geen ge­hei­me meer in hul­self rond­dra nie. ’n Ge­roe­ti­neer­de ge­mak­lik­heid het oor­ge­neem, maar dit be­te­ken nog geen­sins dat hul­le soos ou pen­si­oe­na­ris­se klink nie. Rit­mes en swing lééf by hul­le.

Hoe­wel Lin­der se stem nie meer daar­die skerp­heid van ar­ti­ku­la­sie, as­ook om­vang en vo­lu­me van wel­eer be­sit nie, het haar ver­tol­kings self bly groei. Sy het dit ver­al be­wys in Ted Sny­der se roe­ren­de lied “Who’s Sor­ry Now?” wat per­ti­nen­te le­wens­vrae in die hart van die luis­te­raar plant. Die broos­heid van Lin­der se stem was hier des te meer met be­te­ke­nis ge­laai.

Ook in “Se­cond Hand Ro­se” van Ju­le Stein en Lei­ber en S­tol­ler se diep­gra­wen­de “Is That All The­re Is?” word die toe­hoor­der steeds in­ge­lyf in die lied­jies se on­der­skeie sub­teks­te. Daar’s geen blink ge­poets­te op­per­vlak­kig­heid nie, slegs egt­heid.

Ken S­mith wat sy merk ge­maak en ge­laat het in te­a­ter, rol­pren­te en te­le­vi­sie, is ’n wa­re pro – ’n ak­teur wat ook kan sing, nog ver­ba­send rats kan be­weeg, en op­val­lend knap te werk gaan in sy toe­pas­sing van lig­gaams­taal en ge­sigs­uit­druk­kings.

Sy los­lit­ti­ge weer­ga­wes van “Luck Be a La­dy To­nig­ht” (Frank Loes­ser), “Razz­le Dazz­le” (Kan­der en Ebb) plus Van Mor­ri­son se “Moon Dan­ce” as ’n du­et saam met Mi­cha­el de Pin­na laat ’n mens be­sef dat de­ka­des se er­va­ring sy kuns vir hom ge­slyp het. Dit al­les sluit ook die ver­moë om ge­hoor­be­trok­ken­heid end­uit vol te hou, in.

De Pin­na het e­wen­eens dié soort ge­mak­lik­heid ont­wik­kel lank voor­dat sy “Ye­bo Go­go”-sel­foon­ad­ver­ten­sies op TV op ’n i­ko­nie­se ma­nier volks­be­sit ge­word het. Hy was op sy bes­te met “Bo­dy and Soul” van John­ny G­reen en die in­ten­se lied “If I Can D­re­am” van Wal­ter Earl Bro­wn.

Be­hal­we vir S­klair se kla­ri­net­klan­ke en sy lig­te aan­slag op die kla­vier, is al die be­ge­lei­dings­mu­siek voor­af op­ge­neem. Dit het sy na­de­le. Die klank­ge­hal­te is me­ren­deels puik, al klink dit met tye te luid en dus iet­wat oor­heer­send.

Three’s the Show het slegs en­ke­le ge­rin­ge in­sin­kings be­tref­fen­de kon­ti­nu­ï­teit en an­der nie­tig­he­de. ’n Jon­ger ge­slag kan myns in­siens steeds deur sul­ke ver­teen­woor­di­gers van ’n goue era op­ge­skerp word. )

Mi­cha­el de Pin­na, An­na­bel Lin­der en Keith S­mith in Three’s the Show.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.