Uitroep om te be­vry

Beeld - - Kuns -

Tur­qoi­se A Voya­ge Bet­weem Re­a­li­ties deur die kuns­te­naar P­hi­lip­pe Bousquet, wat Son­dag 22 Mei in die Ti­na S­ku­kan-ga­le­ry in P­re­to­ria be­gin, is ’n uitroep om e­mo­sies te be­vry. Dit is ’n reis te­rug na kin­der­ja­re, die ver­tel van sto­ries van ’n an­der tyd, ge­skryf son­der woor­de.

Prof. Ma­ri­nus Wie­chers, voor­ma­li­ge rek­tor van U­ni­sa en do­sent in kon­sti­tu­si­o­ne­le reg, o­pen die uit­stal­ling om 11:30. Die ge­leent­heid duur tot 14:30.

Die uit­stal­ling beeld sto­ries uit wat al­mal ken en wat ver­maak, oor­den­king, dro­me, hart­seer, vre­se, nag­mer­ries en waan ont­lok. Dit ver­ken hoe die mens se ge­voe­lens de­fi­ni­eer en hoe ons ons eie sto­ries skryf.

Die di­a­loog be­gin tus­sen die mens wat jy ge­word het en die in­ner­li­ke kind in jou, wat dik­wels in ’n her­in­ne­ring skuil. Dit is ’n her­in­ne­ring aan die wê­reld wat ons ge­skep het, dik­wels ver van die fan­ta­sie wat ons ons voor­ge­stel het ons sou skep.

Bousquet se uit­stal­ling ver­ken die twee­le­dig­heid hier­van deur mid­del van skil­de­rye en beeld­hou­werk.

Bousquet bied ook op 28 Mei om 10:30 ’n rond­lei­ding by die ga­le­ry aan. Die uit­stal­ling duur tot 16 Ju­nie. Ga­le­ry-ure: Dins­dae tot Sa­ter­dag van 09:00 tot 17:00. Die a­dres: Plot 6, Koe­doe­berg­weg, Fa­e­rie G­len, P­re­to­ria.

Ska­kel 012 991 1733 of 083 653 6928 of s­tuur e-pos na thea@ti­na­sku­kan­gal­le­ry.co.za of be­soek www.ti­na­sku­kan­gal­le­ry.co.za vir meer in­lig­ting.

D­re­am deur P­hi­lip­pe Bousquet in die Ti­na S­ku­kan­ga­le­ry in P­re­to­ria.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.