Au­ro­ra­son­des haal di­rek­teu­re in ná nee vir ap­pèl

Beeld - - Sake - JJ van Wyk

Die Au­ro­ra-son­des het p­res. Ja­cob Zu­ma se broers­kind K­hu­lu­bu­se Zu­ma en Nel­son Man­de­la se klein­seun Zond­wa Man­de­la met me­ning in­ge­haal.

Dit kan hul­le en an­der di­rek­teu­re van Pa­mo­d­zi-myn­ba­tes hon­derd­mil­joe­ne ran­de in hul per­soon­li­ke hoe­da­nig­heid kos na­dat die ap­pèl­hof Don­der­dag­og­gend ook hul aan­soek om ver­lof tot ap­pèl teen ’n vroe­ë­re hoog­ge­regs-hof­uit­spraak van reg­ter E­ber­hard Ber­tels­mann van die hand ge­wys het.

Ber­tels­mann het be­slis dat die di­rek­sie­le­de in hul per­soon­li­ke hoe­da­nig­heid aan­spreek­lik ge­hou mag word vir Au­ro­ra se “roe­ke­lo­se” be­stuur van Pa­mo­d­zi. Die aan­vank­li­ke be­drag ter spra­ke was R1,7 mil­jard, maar so­wat R300 mil­joen se ba­tes is in­tus­sen deur die li­kwi­da­teur van die hand ge­sit.

Daar is spra­ke daar­van dat die di­rek­teu­re Zu­ma, Man­de­la, T­hu­la­ni N­gu­ba­ne en twee kon­sul­tan­te, Sol­ly B­ha­na en Fa­zel B­ha­na, hul­le tot die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof kan wend as laas­te uit­weg.

Maar dit gaan nie die bloed­hon­de van hul spoor af lei nie, re­ken Gi­de­on du P­les­sis, hoof­se­kre­ta­ris van So­li­da­ri­teit, wat self R5,3 mil­joen se ver­lo­re sa­la­ris­se na­mens die myn­wer­kers van Au­ro­ra wil ver­haal.

An­der be­we­se ei­se teen die vyf is vol­gens Du P­les­sis en die li­kwi­da­teurs se pro­ku­reur, Jo­han Wal­ker:

. Min­stens R5 mil­joen se regs­kos­te;

. So­wat R122 mil­joen se goud wat deur die di­rek­teu­re ge­smous is, maar waar die geld heen is, is nog ’n raai­sel.

. R1,4 mil­jard wat ge­ëis word weens die ska­de wat by die myn aan­ge­rig is ty­dens die di­rek­teu­re se ter­myn.

Dan is groot ka­non­ne soos E­s­kom en die Suid-A­fri­kaan­se In­kom­ste­diens se aan­spra­ke nog nie in be­re­ke­ning ge­bring nie. Kan­se dat die e­nor­me ska­de-ver­goe­dings-be­drag ver­haal gaan kan word, is vol­gens Wal­ker skraal. Hul­le het reeds aan­soek ge­doen vir die se­kwe­stra­sie van die B­ha­nas.

Die regs­kos­te is eer­ste in hul vi­sier, sê Wal­ker. As die drie di­rek­teu­re nie daar­voor op­dok nie, gaan ook vir hul­le se­kwe­stra­sie ge­vra word.

Vol­gens Du P­les­sis gaan So­li­da­ri­teit wag dat die R122 mil­joen ver­haal word. Die wer­kers, as voor­keur-ei­sers, sal hul pond vleis daar­uit kry, hoop hy.

Die di­rek­teu­re kan ge­sa­ment­lik en af­son­der­lik ver­ant­woor­de­lik ge­hou word. Hy re­ken ie- mand soos Zu­ma se ba­tes is be­dui­dend ge­noeg om aan­sien­li­ke be­drae te­rug te win.

Se­kwe­stra­sie kan lei tot on­mid­del­li­ke in­sol­ven­sie-aan­soe­ke waar­in baie on­ge­mak­li­ke vrae ge­stel sal word oor hul rol as di­rek­sie­le­de en tran­sak­sies waar­by hul­le be­trok­ke was.

Sou die Au­ro­ra-di­rek­sie hom tot die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof wend, sal hul­le daar­op aan­dring dat die her­win­ning-s­pro­ses voort­gaan en dat geld wat te­rug­ge­kry word in ’n trust­re­ke­ning ge­hou word tot die fi­na­le hof­be­slis­sing.

“Hier­die uit­spraak is ’n reu­se-oor­win­ning vir die 5 300 wer­kers wat on­skul­dig in ar­moe­de ge­dom­pel is, maar ook ’n oor­win­ning vir die op­per­ge­sag van die reg,” sê Du P­les­sis.

K­hu­lu­bu­se Zu­ma

Zond­wa Man­de­la

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.