Ver­vaar­di­ging neem af

Beeld - - Sake -

On­danks die hoop dat Suid­A­fri­ka se ver­vaar­di­ging­sek­tor in Fe­bru­a­rie kop op­ge­tel het, wys nu­we sy­fers van Sta­tis­tie­ke Suid­A­fri­ka (SSA) dat ver­vaar­di­ging in Maart op ’n jaar­grond­slag met 2% af­ge­neem het.

Net vier ver­vaar­di­ging­sek­tor e kon kop bo wa­ter hou. E­lek­trie­se ma­sji­ne­rie het die groot­ste groei – 8,1% – ge­toon.

Die meu­bel ver­vaar­di­ging­sek­tor het die groot­ste af­na­me in ver­vaar­di­ging – 21,9% – er­vaar.

Ver­ko­pe het wel kop op­ge­tel en van jaar tot jaar met 1,5% teen hui­di­ge pry­se ge­groei.

Dié groei is in pas met Bar­clays se aan­koop be­stuur­ders in­deks( PMI ), wat in A­pril sy on­lang­se op­waart­se nei­ging voort­ge­sit en tot 54,9 in­deks­pun­te ver­be­ter het.

“Die vol­ge­houe ver­be­te­ring en die uit­een­lo­pen­de aard daar­van (vier van vyf van die groot subin­dek­se het ver­be­ter) is be­moe­di­gen­de te­kens dat die sek­tor dalk ’n on­der­punt be­reik het en kan aan­hou op­waarts neig in die ko­men­de maan­de,” sê Bar­clays.

Die sek­to­re waar­in ver­ko­pe die mees­te ge­groei het, is e­lek­trie­se ma­sji­ne­rie (17,3%) en kos (11,6%).

Ys­ter­ en staal­ver­ko­pe het met 6,0% af­ge­neem.

Vol­gens Bloom­berg het ys­ter­erts se prys die laas­te twee jaar met 46% ge­daal. – El­vi­ra Wood

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.