Rand net­net on­der R15 teen dol­lar

Beeld - - Sakenuus - Hanlie S­tad­ler

’n Stil week op die mark­te het Don­der­dag in die guns van die rand ge­tel toe dit tot selfs R14,90 per dol­lar ver­sterk het.

Deel van die ver­ster­king is te dan­ke aan ’n ster­ker o­lie­prys. B­rent-ru­o­lie het selfs $48,12 per vat, baie na aan sy jaar­hoog­te­punt van $48,50, ge­haal ná die nuus dat die A­me­ri­kaan­se re­ge­ring se voor­raad ru­o­lie on­ver­wags ge­val het.

Daar is vol­gens Wi­chard Cil­liers, hoof va­lu­ta han­de­laar van T­re­a­su­ryO­ne, skie­lik kom­mer oor die wê­reld­voor­raad ná on­der­bre­kings in Ka­na­da weens veld­bran­de en in Ni­ge­rië weens be­to­gings en pro­ble­me met pyp­lei­dings.

Daar is op die oom­blik “geen dui­de­li­ke rig­ting” wat die rand be­tref nie, sê Cil­liers.

Die mark wag op da­ta wat vol­gen­de week uit­ge­reik word – on­der meer die in­fla­sie­koers vir A­pril en die Re­ser­we­bank se ren­te­koers aan­kon­di­ging.

War­rick But­ler van S­tan­dard Bank sê die feit dat ver- han­de­ling min is, kan die rand heel­wat laat skom­mel.

Teen 15:00 sou ’n dol­lar jou pre­sies R15 ge­kos het, ’n pond R21,66 en ’n eu­ro R17,09.

Die goud­prys het op $1 279,29 ge­staan.

Die JSE was op pad na ’n ef­fen­se ver­lies vir die dag. Skuins voor 15:00 was die in­deks van al­le aan­de­le 0,56% la­er op 51 837,07 pun­te en die mees­te subin­dek­se in die rooi. Goud- en pla­ti­nu­maan­de­le was ’n merk­ba­re uit­son­de­ring.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.