BEO kry nu­we hoof

Beeld - - Sakenuus - – Vi­da Booy­sen en Fran­cois Wil­li­ams Kir­sten is ’n ru­briek­skry­wer vir Sa­ke se Land­bou­sa­ke­blad wat maan­de­liks ver­skyn.

Bloem­fon­tein. – Prof. Jo­hann Kir­sten, be­ken­de land­bou­kom­men­ta­tor en hoof van die de­par­te­ment land­bou-e­ko­no­mie aan die U­ni­ver­si­teit van P­re­to­ria (UP), is as nu­we di­rek­teur van die Bu­ro vir E­ko­no­mie­se On­der­soek (BEO) by die U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch aan­ge­stel.

Hy ver­vang prof. Ben S­mit wat ein­de De­sem­ber af­ge­tree het.

Kir­sten sal op 1 Au­gus­tus in sy nu­we pos be­gin.

Kir­sten sê hy sal nie ver­lo­re wees vir die land­bou­be­dryf nie. Hy hoop hy sal via die BEO steeds van hulp wees vir al die maat­skap­pye en boe­re met wie hy oor die ja­re nou saam­ge­werk het. Hy sal ook ak­tief bly in sy rol om Ka­roo­boe­re te help met die be­sker­ming en be­vor­de­ring van Ka­rool­am as ’n SuidA­fri­kaan­se voed­seli­koon.

Hy sien die rol van die BEO toe­ne­mend as ’n in­stan­sie wat ’n groot by­drae kan le­wer om be­leids­in­stru­men­te fy­ner in te stel in ’n tyd­vak waar Suid-A­fri­ka se be­leid be­pa­lend is vir die gra­de­ring wat ons van in­ter­na­si­o­na­le gra­de­rings­a­gent­skap­pe kry. )

Prof. Jo­hann Kir­sten

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.