Ind­lu­pla­ce groei ste­wig

Beeld - - Eiendomme Veilings -

Ind­lu­pla­ce Pro­per­ties, die JSE se eer­ste eien­doms-be­leg­gings­trust (reit) wat hoof­saak­lik op re­si­den­si­ë­le ei­en­dom fo­kus, is op ’n ste­wi­ge groei­pad.

Dié maat­skap­py, wat in Ju­nie 2015 ge­no­teer het, het ’n di­vi­dend van 23,07c per aan­deel ver­klaar vir die kwar­taal tot ein­de Maart.

Dit bring die to­ta­le di­vi­dend vir die ses maan­de tot ein­de Maart op 46c per aan­deel te staan, in oor­een­stem­ming met be­stuur se ver­wag­ting. Ind­lu­pla­ce het se­dert sy no­te­ring met ’n por­te­feul­je van so­wat R1,6 mil­jard ver­de­re eien­dom­me van R500 mil­joen ver­kry.

Ter­ry Ka­p­lan, fi­nan­si­ë­le di­rek­teur van Ind­lu­pla­ce, sê die maat­skap­py is op­ge­won­de oor die groei en die ge­leent­he­de wat in die hui­di­ge mark na vo­re sal kom, so­dra ver­kry­ging-s­pry­se aan­ge­pas het in oor­een­stem­ming met die fi­nan­si­ë­le kli­maat.

In die oor­sig­tyd is die P­ri­meen Con­naug­ht-por­te­feul­je vir R500 mil­joen ver­kry, wat die ge­tal re­si­den­si­ë­le eien­dom­me van 95 ge­boue tot 109 op­ge­stoot het – groei van 36% in die ge­tal een­he­de wat be­sit word. Die Con­naug­ht-por­te­feul­je be­hels ne­ge to­ring­ge­boue in die mid­de­stad van Jo­han­nes­burg met 1 181 een­he­de. Die P­ri­me-por­te­feul­je be­staan uit drie voor­ste­de­li­ke meent­huis-kom­plek­se in Flo­ri­da, S­prings en Four­ways met 166 een­he­de. Aan die ein­de van Maart het Ind­lu­pla­ce 5 037 een­he­de be­sit.

“Ons bly op die uit­kyk vir re­si­den­si­ë­le eien­dom­me wat po­si­tief sal wees vir die op­brengs en ’n in­kom­ste sal le­wer van die dag wat dit aan­ge­koop is,” sê Ca­rel de Wit, uit­voe­ren­de hoof.

Hy voeg by dat Ind­lu­pla­ce met sy re­si­den­si­ë­le fo­kus die Suid-A­fri­kaan­se be­leg­ger van goeie di­ver­si­fi­ka­sie voor­sien.

“Ons is op koers om ’n di­vi­dend van 92,5c per aan­deel vir die vol­le jaar te be­haal, 10% meer as die voor­uit­skat­ting wat ons ty­dens die no­te­ring ge­maak het.”

Ind­lu­pla­ce se Six­tyO­ne on Coun­tes­ses­ge­bou in Wind­sor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.