Lig jou hoed vir S­tern

VEI­LINGS 1943­por­tret van vrien­din kan R7 mil­joen haal

Beeld - - Veilings -

Die hoog­te­punt by S­trauss & Co se vol­gen­de vei­ling in Jo­han­nes­burg la­ter in Mei gaan ’n tref­fen­de por­tret­skil­de­ry van een van Ir­ma S­tern se boe­sem­vrien­din­ne wees.

Dié 1943-por­tret ge­naamd Por­trait of F­re­da Feld­man in Ba­su­to Hat het van Aus­tra­lië af te­rug­ge­keer huis toe.

S­trauss & Co ver­wag dat die werk vir tus­sen R5 mil­joen en R7 mil­joen gaan ver­koop. Die skil­de­ry word deur die oor­spronk­li­ke Ba­soe­to-hoed (mo­ko­rot­lo) wat deur die sit­ter ge­dra is, ver­ge­sel.

Feld­man was een van S­tern se in­tiem­ste vrien­din­ne. Hul­le het ont­moet toe Feld­man (née Gins­burg) met Ri­chard Feld­man ge­trou het. Hy het saam met die fo­to­graaf en kuns­han­de­laar Le­on Le­v­son deel uit­ge­maak van ’n in­vloed­ry­ke groep Jood­se wel­doe­ners, wat S­tern ver­al vroeg in haar loop­baan by­ge­staan het.

Die Feld­man-eg­paar het ver­skeie suk­ke­len­de kuns­te­naars on­der­steun deur van hul wer­ke te koop, maar hul vriend­skap met S­tern het veel die­per ge­strek. S­tern en F­re­da Feld­man het ’n voor­lief­de ge­deel vir e­le­gan­te par­ty­tjies en mo­di­eu­se hoe­de – die “pa­ra­pher­na­lia of cul­tu­re” soos S­tern haar ge­kul­ti­veer­de voor- keu­re een­keer in ’n brief be­stem­pel het. Mo­na Ber­man, Feld­man se dog­ter, het in haar boek oor Ir­ma S­tern ge­sê al­bei het van blom­me en kleur ge­hou en ge­meen kos moet so goed lyk as wat dit smaak.

Feld­man was die on­der­werp in ver­skeie por­tret­te deur S­tern – in hout­skool, in gou­ache en in o­lie, waar­on­der die por­tret met die Ba­soe­to­hoed as die be­lang­rik­ste be­stem­pel word. Een van die an­der, ’n naak­stu­die van ’n s­wan­ger Feld­man in gou­ache, is vir ja­re ag­ter ’n aan­trek­ka­mer se deur in die Feld­man-huis in la­er-Houg­h­ton weg­ge­steek.

In­te­res­sant ge­noeg het S­tern nooit ’n self­por­tret ge­skil­der nie, deels van­weë die moei­li­ke aan­vaar­ding van haar oor­ge­wig lig­gaam. Ber­man het ge­meen dat S­tern ’n vi­su­e­le “sur­ro­gaat” vir haar­self in Feld­man ge­vind het.

Die vei­ling gaan ook ’n ver­skei­den­heid wer­ke van an­der SuidA­fri­kaan­se kuns­te­naars in­sluit.

Dit word op Maan­dag 23 Mei by die Wan­de­rers­klub in Jo­han­nes­burg ge­hou. Vir nog in­lig­ting kan www.strauss­art.co.za be­soek word.

Ir­ma S­tern se 1943­por­tret ge­naamd Por­trait of F­re­da Feld­man in Ba­su­to Hat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.