Vraag na ge­bruik­te ry­goed sal sterk bly

Beeld - - Veilings -

Na­ma­te die e­ko­no­mie on­der gro­ter druk kom, gaan mo­tor­ko­pers geen an­der keu­se hê as om hul­le tot vei­lings te wend om meer waar­de vir hul geld te kry nie.

Nu­we mo­tor­ver­ko­pe bly on­der druk en die to­ta­le ver­ko­pe van nu­we voer­tuie het in A­pril met 13,2% op ’n jaar­grond­slag af­ge­neem tot 26 077 een­he­de.

Ver­ko­pe van nu­we lig­te kom­mer­si­ë­le voer­tuie, bak­kies en mi­ni­bus­se was 0,1% op ’n jaar­grond­slag la­er op 12 192 voer­tuie, blyk uit die jong­ste ver­slag van die Na­si­o­na­le Ver­e­ni­ging van Mo­tor­ver­vaar­di­ger s( Naam­sa).

Daar word ver­wag dat die af­na­me in voer­tuig­ver­ko­pe nog vir ten min­ste 18 maan­de kan voort­duur, weens sty­gen­de ren­te­koer­se, swak sa­ke­ver­troue en sty­gen­de brand­stof­pry­se.

Ook word die ar­gu­ment vir nu­we mo­tor­aan­ko­pe nie ge­help deur die voor­uit­sig­te dat die pry­se van nu­we mo­tors oor die vol­gen­de jaar met tot 20% kan klim nie.

“Dit is dui­de­lik dat ver­brui­kers klei­trap en hul sen­te in die heer­sen­de e­ko­no­mie­se om­ge- wing ver­sig­tig om­draai,” sê Park Vil­la­ge Aucti­ons (PVA) se C­li­ve La­za­rus.

Hy voor­sien dat din­ge nie in die na­bye toe­koms gaan ver­be­ter nie en ver­wag ’n vol­ge­houe vraag na voer­tuie op vei­lings.

Die­ge­ne wat graag wil sien wat die vei­lings­vloer het om te bied, moet nie PVA se vol­gen­de voer­tuig­vei­ling mis­loop nie.

Dié vei­ling word op 18 Mei om 10:30 by PVA se per­seel in Mart­in­da­le in Jo­han­nes­burg ge­hou. PVA bied ook ge­reeld mo­tor­vei­lings oor die land heen aan.

) Vir meer in­lig­ting daar­oor kan www.park­vil­la­geaucti­ons.co.za be­soek word.

Dit is dui­de­lik dat ver­brui­kers klei­trap en hul sen­te in die heer­sen­de e­ko­no­mie­se om­ge­wing ver­sig­tig om­draai.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.