Kings s­pan de­bu­tant teen C­hee­tahs in

Beeld - - Sport - Mi­cha­el G­reen

Die Bul­le en Reds sak in ’n skrum in hul Su­per­rug­by­wed­stryd vroe­ër van­jaar op Lof­tus. Die Bul­le se skrum sal weer deeg­lik ge­toets word in dié s­pan se vol­gen­de drie wed­stry­de. Port E­li­za­beth. – Die Sout­hern Kings se diep­te sal be­slis Sa­ter­dag in hul Su­per­rug­by-wed­stryd teen die C­hee­tahs in Bloem­fon­tein on­der die ver­groot­glas wees.

De­on Da­vids, die Kings se hoof­af­rig­ter, was ge­nood­saak om vier ver­an­de­rin­ge aan sy be­gin­span te maak.

Daar is reeds vroe­ër in die week be­rig dat die los­voor­spe­lers CJ Vel­le­man en Chris Cloe­te en die sen­ter S­te­fan Wa­ter­mey­er met be­se­rings suk­kel.

Nou is S­te­ven Sy­kes, hul slot en kap­tein, boon­op weens ’n skou­er­be­se­ring langs die kant­lyn.

“S­te­ven het die skou­er die na­week teen die Blu­es seer­ge­maak, maar ons het ge­dink hy sal reg wees. Maar Dins­dag by ons oe­fe­ning het hy die­self­de skou­er weer seer­ge­maak. Die nuut­ste is dat hy vir twee we­ke bui­te ak­sie kan wees,” het Da­vids ge­sê.

S­chalk Oe­lof­se skuif van die plaas­ver­van­ger­bank op in Sy­kes se plek. Die sen­ter S­ha­ne Ga­tes neem die kap­tein­skap oor.

Ai­don Da­vis sal as agt­ste­man en JP Jonck as flank in on­der­skei­de­lik Vel­le­man en Cloe­te se plek­ke op­draf.

Dit sal die 24-ja­ri­ge Jonck se de­buut vir die Kings wees.

Hy het as ju­ni­or vir Wel­ling­ton in Nieu-See­land ge­speel voor­dat hy te­rug­ge­keer het Suid-A­fri­ka toe en vir die Val­ke uit­ge­draf het.

Jonck het dié sei­soen al ’n paar goeie ver­to­nings vir die Oos­te­li­ke Pro­vin­sie-Kings in die Pro­vin­si­a­le Reeks ge­le­wer.

Hy is ’n bal­jag­ter, iets wat die Kings drin­gend no­dig sal hê nou­dat Cloe­te en Vel­le­man bui­te ak­sie is.

“Ons diep­te word be­slis ge­toets. Dis ’n groot ver­lies om spe­lers van ge­hal­te soos CJ Vel­le­man, Chris Cloe­te en S­te­ven Sy­kes, wat wa­re werk­es­els was, te ver­loor,” het Da­vids ge­sê.

“Maar dit gee ou­ens soos JP Jonck en Cor­nell Hess (plaas­ver­van­ger-slot) die kans om te wys wat hul­le kan doen.

“Hul­le weet wie se skoe­ne hul­le moet vol staan.”

JP du P­les­sis kry op bui­te­sen­ter weer ’n kans in Wa­ter­mey­er, wat ’n voet­be­se­ring het, se plek.

Die Kings is reeds son­der die op­win­den­de ag­ter­spe­ler Mal­colm Ja­er wat sy hand ge­breek het. Die los­kop­stut S­chalk Fer­rei­ra ver­troe­tel ook ’n hand­be­se­ring.

Daar­om is Da­vids ver­heug dat hy da­rem nog die nu­we Bok­kie-skrum­ska­kel Ja­mes Hall kon kies.

“Ja­mes kan nog hier­die week vir ons speel voor­dat hy Son­dag met sy ver­plig­tin­ge by die Jong Bok­kies be­gin,” het Da­vids ge­sê.

Dit klink nie of daar ’n ver­soek van Da­wie T­heron, die Bok­kies se af­rig­ter, was dat Hall eer­der in wat­te toe­ge­draai moes word nie.

Sout­hern Kings: Jur­gen Vis­ser, Luk­ha­nyo Am, JP du P­les­sis, S­ha­ne Ga­tes (k), Lu­zu­ko Vu­lind­lu, El­gar Watts, Ja­mes Hall, Ai­don Da­vis, T­hem­be­la­ni B­ho­li, JP Jonck, JC Ast­le, S­chalk Oe­lof­se, Tom Bo­tha, Ed­gar Ma­rut­lul­le, Sti Sit­ho­le. PLAASVERVANGERS: Mar­tin Fer­rei­ra, Jus­tin Ac­ker­man, Ja­co­bie A­dri­aan­se, Cor­nell Hess, S­te­fan Wil­lem­se, N­tan­do Ke­be, Lou­is Fou­ché, Leig­h­ton Ek­steen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.