Bul­le is nou by kruis­pad

Beeld - - Sport - Co­bus Claas­sen

P­re­to­ria. – Die man­ne sal van die seuns ge­skei word wan­neer die Bul­le in die vol­gen­de drie we­ke teen die Wa­ra­tahs, die S­tor­mers en die Leeus in die voor­ry sak, voor­spel Ga­ry Bo­tha, voor­spe­ler-af­rig­ter van die Lig­blou­es.

Bo­tha sê hul­le be­sef die Bul­le­agt­tal staan voor ’n E­ve­rest-uit­da­ging in die Su­per­rug­by-reeks.

Die Wa­ra­tahs is mô­re die eer­ste uit­da­ging waar­na die S­tor­mers en die Leeus op Lof­tus Vers­feld ge­trot­seer moet word.

Kort­om, drie span­ne teen wie jy die an­ker moet sak en sterk staan in die skrums.

Die Wa­ra­tahs het die S­tor­mers on­langs op Nu­we­land ge­klop toe hul­le die tuis­span se ge­vier­de pak in ’n skrum af­ge­ran­sel het.

En ver­le­de na­week in Syd­ney was dit die C­hee­tahs wat dit deur­gaans in die skrums ont­geld het.

“Ons sal die vol­gen­de drie we­ke op ons bes­te moet wees. As jy teen dié span­ne ’n af­dag het, sal hul­le jou seer­maak in die skrums,” sê die voor­ma­li­ge Bok­ha­ker.

Hy meen die Bul­le het Doer On­der ge­meng­de wel­slae in dié af­de­ling ge­had teen die For­ce en die Brum­bies.

Bo­tha het in P­re­to­ria ag­ter­ge­bly om die an­der Bul­le-span­ne on­der han­de te neem en is daag­liks in kon­tak met die s­pan in Aus­tra­lië.

“Ek was be­ïn­druk met die ou­ens se po­ging teen die For­ce, maar teen die Brum­bies is ons ore aan­ge­sit deur ’n agt­tal wat street smart is.

“Daar is ’n paar ou ka­lan­te in die Brum­bies se pak. Ek het by­voor­beeld teen S­te­phen Moo­re (die Brum­bies se Wal­la­by-ha­ker) ge­speel en sul­ke er­va­ring is waar­de­vol voor­langs.

“Die Wa­ra­tahs gaan net so ge­dug wees in die skrums.”

Bo­tha het aan die ein­de van ver­le­de sei­soen die om­vang­ry­ke taak ge­kry om die Bul­le se chro- nie­se skrum­pro­ble­me uit te sor­teer.

“Ons staan min­der straf­skop­pe af en ek glo daar is ’n op­waart­se kur­we, maar ons het nog baie werk oor.

“Ons skrum kan teg­nies ver­be­ter en dit is iets wat met­ter­tyd sal ge­beur. Jou in­ge­steld­heid moet ook el­ke wed­stryd reg wees. In Su­per­rug­by is dít ’n ver­eis­te. As jy nie op jou bes­te is nie, gaan jy knor in die skrums.”

A­dri­aan S­trauss-hul­le het ver­le­de Vry­dag twee vas­kop­pe teen die Brum­bies af­ge­staan en Bo­tha sê dit kan toe­ge­skryf word aan teg­nie­se ge­bre­ke.

“In die een skrum is die bal teen Li­zo (G­qo­bo­ka) se been in­ge­gooi en in die an­der ge­val het die bal van een van die slot­te se voe­te vo­ren­toe ge­spat. Daar is be­slis gro­ter sta­bi­li­teit in die skrums, maar dit is be­lang­rik dat ons meer be­sten­dig is.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.