18 mi­nu­te kos vyf Hur­ri­ca­nes hul plek

Beeld - - Sport - – S­port­re­dak­sie

Jo­han­nes­burg. – Die Hur­ri­ca­nes het vyf spe­lers – vier van hul­le staat­ma­kers – weg­ge­laat vir Sa­ter­dag se Su­per­rug­by-wed­stryd teen die Reds na­dat hul­le die s­pan se aand­klok­re­ël in Suid-A­fri­ka oor­tree het.

Vol­gens stuff.co.nz het die vleu­els Co­ry Ja­ne en Ju­li­an Sa­vea, los­voor­spe­lers Ar­die Sa­vea en Vic­tor Vi­to en die stut Chris E­ves ver­le­de Dins­dag­aand in Dur­ban gaan kui­er.

Lui­dens be­rig­te het die spe­lers al­ko­hol ge­bruik, maar was voor mid­der­nag te­rug by die s­pan se ho­tel.

Hul­le was nie dronk nie en het hul­le nie aan swak ge­drag skul­dig ge­maak nie, word be­rig.

Die vyf­tal het wel die s­pan se aand­klok­re­ël met 18 mi­nu­te oor­tree.

Chris Boyd, die Hur­ri­ca­nes se af­rig­ter, en Da­ne Co­les, kap­tein, wou nie uit­brei oor die be­son­der­he­de van dié re­ël nie.

“Hul­le het pro­to­kol ver­breek. Ons moes op­tree, en ons het,” het Boyd ge­sê.

“Dit maak nie saak wie jy in hier­die s­pan is nie, as jy pro­to­kol oor­tree, sal jy die ge­vol­ge dra.”

Vol­gens Co­les is Suid-A­fri­ka “’n an­der plek” en aand­klok­re­ëls was nog al­tyd deel van hul toe­re hier­heen.

“Wat sa­ke ver­er­ger, is dat Ja­ne, Vi­to en Ju­li­an Sa­vea deel is van die s­pan se lei­ers­korps. Hul­le voel nog­al sleg, en hul­le moet,” het hy ge­sê.

Boyd het ge­sê Suid-A­fri­ka, en spe­si­fiek Dur­ban, het ’n klomp moont­li­ke ge­leent­he­de vir af­lei­ding waar­oor die spe­lers ge­reeld ge­waar­sku is.

“Jy weet, die strand is lek­ker, die kli­maat is lek­ker, die kos is goed, al­les is goed­koop, so daar is baie din­ge wat die spe­lers se fo­kus kan be­lem­mer.”

Hy het ge­sê dit was nie ’n moont­lik­heid ge­wees om die vyf spe­lers vir die wed­stryd teen die Haaie weg te laat nie, om­re­de die be­soe­kers dan nie die ver­plig­te groep 23 spe­lers vir die wed­stryd sou hê nie.

In Ja­ne en Sa­vea se af­we­sig­heid, draf Ja­son Wood­ward en Wes Goo­sen Sa­ter­dag vir die Hur­ri­ca­nes op vleu­el uit. Bla­de T­hom­son sak op agt­ste­man, met Cal­lum Gib­bins wat ’n kans op oop­kant­flank kry.

Fo­to: GAL­LO I­MA­GES

Chris Boyd

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.