Po­well maan oor ‘lok­val’

Beeld - - Sport - Fran­cois de Wet

Kaap­stad. – Die B­lits­bok­ke moet ’n steil bult uit­klim om die na­week die ne­gen­de toer­nooi van Wê­reld­rug­by se se­wes­reeks in Pa­rys te wen.

Suid-A­fri­ka is in ’n moei­li­ke Groep C ge­loot en pak En­ge­land van­dag.

Die B­lits­bok­ke kom mô­re teen Bra­si­lië te staan en sluit die twee­de dag af met ’n wed­stryd teen Aus­tra­lië.

Kwa­li­fi­seer hul­le – as wen­ners van Groep C – vir Son­dag­se Be­ker-uit­speel-wed­stry­de, is daar’ n goeie kans dat die B­lit­se teen Nieu-See­land óf Ke­nia in ’n kwart­eind­stryd sal speel.

Neil Po­well, B­lits­bok­brei­er, hou sy s­pan vir eers net op En­ge­land ge­fo­kus.

Po­well hoop dat sy spe­lers nie die ne­der­laag teen die En­gel­se op die eer­ste dag van die Hong­kong-toer­nooi ver­geet het nie en die keer die bord­jies kan ver­hang.

“En­ge­land was die be­ter s­pan op daar­die eer­ste dag en ons het goed op die twee­de dag her­stel om deur te dring tot die uit­speel­ron­des. Ons kan nie be­kos­tig om in die­self­de lok­val te trap nie.”

Die B­lit­se wil goed doen in Pa­rys, want die pun­te wat hul­le in Frank­ryk ver­dien sal be­paal in wat­ter groep hul­le vir die O­lim­pie­se S­pe­le in Rio de Ja­nei­ro (5-21 Au­gus­tus) ge­loot sal word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.