Ela­na­re­kord in vi­sier

Ir­vet­te kan 38:39 oor­tref

Beeld - - Sport - Sa­rel van der Walt

P­re­to­ria. – Ver­le­de jaar was sy ver­wag­tend en het glad nie die roe­te ge­ken nie.

Son­dag kan die O­lim­pie­se ma­ra­thon­at­leet Ir­vet­te van Zyl in Kaap­stad in die Kaap­stad 12 One Run-wed­loop oor 12 km Ela­na Mey­er se 17 jaar oue SA re­kord oor dié af­stand ver­be­ter.

On­ge­luk­kig suk­kel Van Zyl se­dert eer­gis­ter met ’n ver­koue, maar hoop dit sal teen Son­dag op­ge­klaar wees.

“Ek was gis­ter (Woens­dag) by die dok­ter en voel da­rem al heel­wat be­ter,” het Van Zyl gis­ter­mid­dag ge­sê.

Toe sy ver­le­de jaar by FNB se Kaap­se hoof­kan­toor in B­ree­straat oor die eind­streep ge­hard­loop het, het Van Zyl ge­bieg sy was on­der die in­druk die wed­loop sou by die Groen­punt-sta­di­on ein­dig.

“Toe ons deur die stad hard- loop, het ek ge­dink dié men­se (die or­ga­ni­seer­ders) be­don­ner ons, want ek was on­der die in­druk ons gaan Groen­punt toe. Dit sou dan be­slis ver­der as 12 km ge­wees het,” het sy toe lag­gend ver­tel.

In Sep­tem­ber het sy ge­boor­te ge­gee aan haar en haar man, die O­lim­pie­se hek­kies­at­leet LJ van Zyl, se seun, Lou­is, en kort daar­na weer be­gin hard­loop. Sy is baie goed op dreef en het drie we­ke ge­le­de in die Lon­den-ma­ra­thon met ’n tyd van 2:32:20 se­ker ge­maak van haar plek in die Suid-A­fri­kaan­se s­pan na van­jaar se O­lim­pie­se S­pe­le in Rio de Ja­nei­ro, Bra­si­lië.

Mey­er se SA re­kord is 38:39. Sy het dit in 1999 in San Fran­cis­co op­ge­stel.

Ver­le­de week het Van Zyl met die S­par-wed­loop oor 10 km in Port E­li­za­beth ’n tyd van 33:28 ge­hard­loop.

Vol­gens Lind­say Par­ry, haar af­rig­ter, sal die Ned­bank-at­leet van P­re­to­ria teen 3:13 per ki­lo- me­ter moet hard­loop as sy die re­kord wil oor­tref.

Die wed­loop word op ’n vin­ni­ge roe­te ge­hard­loop.

As die weer soos ver­le­de jaar saam­speel, en haar ver­koue is op­ge­klaar, is daar ’n goeie kans dat sy die re­kord kan oor­tref.

“Ge­luk­kig hoef ek nie dié keer ’n ek­stra paar ki­lo­gram saam te dra soos ver­le­de jaar toe ek nog ver­wag­tend was nie,” het Van Zyl ge­sê.

LJ van Zyl neem mô­re op die Di­a­mant­li­ga-by­een­koms in S­jan­ghai, C­hi­na, aan die 400hek­kies deel.

’n Bo­nus van R10 000 wag op Van Zyl as sy Mey­er se re­kord kan oor­tref, het Mi­cha­el Mey­er van S­til­l­wa­ter Sport, wat die wed­loop or­ga­ni­seer, ge­sê. Die wen­tjek is R40 000. Ver­le­de jaar het die Ke­ni­aan Vi­vi­an C­her­uiyot in 38:32 ge­wen. Le­bo P­ha­lu­la (39:21) was die eer­ste Suid-A­fri­kaan­se vrou.

Van Zyl het ge­sê sy sal vol­gen­de maand op die A­fri­ka-kam­pi­oen­skap in Dur­ban ook in die 5 000 m vir die Rio-S­pe­le wil kwa­lif­si­eer.

“Ek wou in die 5 000 én die 10 000 ge­hard­loop het, maar ASA (At­le­tiek SA) wou niks daar­van hoor nie.”

Fo­to: CHERIE VALE

Ir­vet­te van Zyl kan Son­dag­og­gend in Kaap­stad ’n aan­slag op Ela­na Mey­er se SA re­kord in ’n wed­loop oor 12 km doen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.