S­tars moet wys hul ster blink nog

Beeld - - Sport - Ru­an Bru­wer

Bloem­fon­tein. – Het die King­dom S­tars se ster reeds ver­skiet, of gaan hy die Ja­guars met ’n knal t­ref?

Dit is die vraag wat mô­re be­ant­woord sal word wan­neer die K­waZu­lu-Na­tal­se net­bal­span teen die Noor­dGau­ten­gers te staan kom in die Bru­tal Fruit-p­re­mier­liga.

Hul­le pak me­kaar met vyf Pro­te­as elk in Jo­han­nes­burg, waar die laas­te groep­wed­stry­de van die reeks dié na­week be­slis word.

Die Ja­guars (11 pun­te) is met die Sout­hern S­tings (12) en Noordwes-Fla­mes (15) in ’n stryd ge­wik­kel vir die eer­ste twee plek­ke op die pun­te­lys. Die span­ne wat eer­ste en twee­de ein­dig, sal reg­streeks vir die half­eind­ron­de kwa­li­fi­seer en aan­staan­de na­week ’n los­loot­jie hê.

Die Fla­mes het ’n wed­stryd meer ge­speel en pak nog net die Gau­teng­se Fi­re­balls.

Die S­tings en die Ja­guars be­hoort ge­mak­lik twee liga­pun­te teen on­der­skei­de­lik die Sun­bi­rds van M­pu­ma­lan­ga en die Lim­po­po-Ba­o­babs in te sa­mel.

Die S­tings se an­der wed­stryd is teen die Vry­staat­se C­ri­nums waar die ver­de­di­gers Kar­la Mos­tert en A­dé­le Nie­mand vir die eer­ste keer ooit in ver­skil­len­de span­ne sal wees.

Hul­le het lank ’n ge­dug­te ver­de­di­gers-kom­bi­na­sie vir die Vry­staat ge­vorm voor Nie­mand van­jaar na die S­tings is.

Die C­ri­nums, Fi­re­balls (al­bei 10 pun­te) en King­dom S­tars (6) be­hoort po­si­sies drie tot ses in te neem.

Ver­ras die K­waZu­lu-Na­tal­lers eg­ter die Noord-Gau­ten­gers, sal hul­le waar­skyn­lik ’n kwart­eind­stryd moet speel.

Nes die S­tars was die Ja­guars nog sel­de op hul bes­te en hul laas­te twee ver­to­nings teen die Sun­bi­rds en Fi­re­balls het nie baie ver­troue in­ge­boe­sem nie.

Maar die vol­gen­de paar na­we­ke is wat gaan tel, het I­zet­te Lub­be, on­der­kap­tein van die Ja­guars, ge­sê.

“Die wed­stry­de wat nou voor­lê is be­lang­rik om kom­bi­na­sies te ves­tig en die laas­te paar sleg­te ge­woon­tes af te skud.

“Ek dink ons het teen die Fi­re­balls baie be­ter aan­ge­val – iets waar­aan ons moes werk. Ons ver­de­di­ging as al se­we span­le­de is ook be­sig om al­gaan­de te ver­be­ter. Nou moet ons dit net be­mees­ter,” het die 23-ja­ri­ge Lub­be ge­sê.

Fo­to:

I­zet­te Lub­be, aan­val­len­de vleu­el en on­der­kap­tein van die Ja­guars, sê din­ge is be­sig om in plek te val vir haar s­pan. Haar twee­stryd mô­re met Bon­gi M­so­mi van die S­tars be­hoort ’n goeie een te wees. BACKPAGEPIX

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.