S­pe­le: PGA­baas hoop­vol

Beeld - - Sport - Ma­ri­zan­ne Kok

Jo­han­nes­burg. – Bas­ta met die suur­knol­le wat sê O­lim­pie­se gholf gaan ’n vonk­lo­se af­fê­re wees.

Want in die krin­ge waar­in hy be­weeg is daar “werk­li­ke en­toe­si­as­me vir die kon­sep van gholf by die O­lim­pie­se S­pe­le, sê die PGA-reeks se kom­mis­sa­ris, Tim Fin­chem.

Fin­chem is op die voor­aand van die P G A-reeks se Spe­lers-kam­pi­oen­skap( wat gis­te rin Flo­ri­da be­gin het) ge­vra hoe hy voel oor die ont­trek­king van vyf ho­ë­pro­fiel-man­spe­lers aan van­jaar se O­lim­pie­se kom­pe­ti­sie, en wat dit vir die Rio-toer­nooi be­te­ken.

Die Suid-A­fri­ka­ners Lou­is Oost­hui­zen en C­harl S­chwart­zel, Aus­tra­lië se A­dam S­cott en Marc Leish­man en Fidji se drie­ma­li­ge ma­jor-kam­pi­oen Vi­jay Singh het al­mal ge­sê hul­le sal die ak­sie in Au­gus­tus mis­loop.

“In gholf, soos in die mees­te in­di­vi­du­e­le sport­soor­te, moet jy aan­vaar dat al­mal nie el­ke week gaan speel nie,” het Fin­chem vol­gens Reuters ge­sê. “Baie (van die PGA-reeks se) top-toer­nooie ver­loor ook soms spe­lers vir vreem­de re­des, maar in hier­die ge­val het nie­mand ont­trek weens vreem­de re­des nie. Hul­le is eer­der be­sorg.”

Fin­chem het ge­sê daar was ge­sprek­ke met al vyf die be­trok­ke spe­lers, en hul ont­trek­kings is mee­ge­bring deur ’n ver­skei­den­heid fak­to­re.

“Dit be­gin met ’n druk sei­soen, en spe­lers wat hul toer­nooie pri­o­ri­ti­seer. Maar dit is my ge­voel dat daar oor die al­ge­meen werk­li­ke en­toe­si­as­me vir die kon­sep van O­lim­pie­se gholf is.”

Fin­chem het ge­sê hy en die PGA-reeks re­spek­teer die vyf se be­sluit.

“Ek dink hul­le het al­mal ’n voet om op te staan,” het hy ge­sê, en by­ge­voeg hy weet nie van an­der spe­lers wat ook wil ont­trek nie.

Die kom­mis­sa­ris het ge­sê hy is nie be­kom­merd dat die sport­soort ná van­jaar weer van die O­lim­pie­se ske­du­le ge­gooi kan word nie. Die In­ter­na­si­o­na­le O­lim­pie­se Ko­mi­tee (IOK) sal aan­staan­de jaar be­sluit wat­ter sport­soor­te vir die 2020-S­pe­le be­hou sal word, ge­ba­seer op die suk­ses daar­van van­jaar.

“As jy kyk na die bre­ër ver­wag­tin­ge wat die IOK van sport­soor­te het. . . hul­le hou van gholf om­dat dit wê­reld­wyd groei en jong men­se lok. Dis ’n sport wat op el­ke vas­te­land ge­wild is, en aan­lok­lik is vir bor­ge.

“Ek dink nie e­ni­ge van daar­die ver­an­der­li­kes sal in die vol­gen­de vier jaar ver­an­der nie.”

Fo­to: AP

Suid­A­fri­ka se Er­nie Els gis­ter ty­dens die eer­ste ron­de van die PGA­reeks se S­pe­lers­kam­pi­oen­skap, waar­in hy een van die vroeë voor­lo­pers was. Els was aan die ein­de van sy ron­de een hou ag­ter die voor­lo­pers, ná ’n 66 (­6).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.