Col­back rooi­ge­sig ná duur Ne­w­cas­t­le­flop

Beeld - - Sport - Ma­ri­zan­ne Kok

Jo­han­nes­burg. – Die ein­de van die En­gel­se P­re­mier­liga se re­le­ga­sie­stryd het van­self­spre­kend Woens­dag­aand heel­wat tra­ne ver­oor­saak – maar vir die Ne­w­cas­t­le U­ni­ted-mid­de-l­veld­spe­ler Jack Col­back was daar boon­op ver­ne­de­ring saam met die pyn.

Col­back se Ne­w­cas­t­le-s­pan, ook be­kend as die Mag­pies, is saam met Nor­wich Ci­ty ge­re­le­geer tot En­ge­land se Kam­pi­oen­skap (die twee­de li­ga) toe Sun­der­land Woens­dag met 3-0 oor E­ver­ton ge­se­ë­vier het.

Daar­mee het Sun­der­land ont­snap uit die re­le­ga­sie-so­ne, ter­wyl Nor­wich Ci­ty on­danks ’n se­ge van 4-2 oor Wat­ford af­ge­skuif het.

Aston Vil­la is die der­de s­pan wat sy P­re­mier­liga-sta­tus vir 2016/17 kwyt is.

Col­back het tot in Ju­nie 2014 vir Sun­der­land ge­speel, voor hy dié klub vir Ne­w­cas­t­le ver­ruil het. Hy het des­tyds ge­sê dit was ’n mak­li­ke be­sluit, want “Sun­der­land is al­tyd in die re­le­ga­sie­so­ne, maar Ne­w­cas­t­le is ’n sta­bie­le klub wat met ’n paar aan­wins­te vir ’n plek in die top-4 kan veg”.

“Ek het ab­so­luut geen be­geer­te om in die Kam­pi­oen­skap te speel nie, en dis waar­om ek Ne­w­cas­t­le toe gaan. Ek sal se­ker uit­ge­jou word by die Sta­di­um of Lig­ht (Sun­der­land se tuis­veld), maar as Sun­der­land aan­hou soos nou, sal ek vir ’n ruk nie weer daar hoef te speel nie,” het hy vol­gens B­rit­tan­je se The Sun ge­sê.

Col­back se woor­de het nou by hom kom spook na­dat die B­rit­se ko­me­di­ant Ja­mes Cor­den dit op sy T­wit­ter-re­ke­ning ge­deel het.

Dis net nog ’n laag­te­punt in ’n reeds moei­li­ke 2016 vir Col­back. Die 26-ja­ri­ge spe­ler word vol­gens be­rig­te ook deur die FA on­der­soek om­dat hy glo geld ver­wed het op wed­stry­de. ) In­tus­sen word ná Ne­w­cas­t­le se re­le­ga­sie na die s­pan ver­wys as “die duur­ste P­re­mier­lig­af­lop ooit”, met ver­wy­sing na die £80 mil­joen (so­wat R1,7 mil­jard) wat die klub van­jaar aan spe­lers be­stee het.

Net Man­ches­ter Ci­ty het meer span­deer.

Ne­w­cas­t­le is die eer­ste s­pan ooit wat sy beur­sie só wyd oop­maak en daar­na ge­re­le­geer word. Sy duur­ste aan­ko­pe was An­dros To­wn­send, A­lek­san­dar Mi­tro­vic en Jon­jo S­hel­vey.

Ra­fa Be­ni­tez, wat van­jaar deur Re­al Ma­drid ge­pos is, is in Maart as Ne­w­cas­t­le-af­rig­ter aan­ge­stel, maar selfs sy teen­woor­dig­heid kon die klub nie red nie.

Vol­gens die BBC het hy ’n drie­jaar-kon­trak met die Mag­pies ge­te­ken, maar ’n klou­su­le be­paal hy kan ’n an­der heen­ko­me soek as die Mag­pies re­le­geer word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.