Leeus po­si­tief oor Bok­rug­by

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

Jo­han­nes­burg. – Ná Al­lis­ter Coet­zee se be­soek aan die Leeus van­dees­week is al dié u­nie se spe­lers op­ti­mis­ties oor die toe­koms van S­pring­bok-rug­by.

“Ons het al­mal daar uit­ge­stap ver­vul met hoop vir die toe­koms van Bok-rug­by,” het War­ren W­hi­te­ley, die kap­tein, ge­sê.

In die on­lang­se ver­le­de is daar na die Leeus as die stief­kin­ders van Suid-A­fri­kaan­se rug­by ver­wys soos hul­le oor die hoof ge­sien is wan­neer dit by die S­pring­bok­span ge­kom het.

“Ons is nou baie op­ge­won­de oor die toe­koms en wat voor­lê met Al­lis­ter as die af­rig­ter,” sê W­hi­te­ley.

“Hy het met ons he­le groep ge­praat en nie net met se­ke­re in­di­vi­due nie. El­ke spe­ler weet nou pre­sies wat van hom ver­wag word om oor­weeg te word vir die S­pring­bok­ke. Nie­mand sal nou op die veld kan draf en sê hy weet nie wat hy moet doen om in aan­mer­king te kom vir die Bok­ke nie,” sê W­hi­te­ley.

“Al­lis­ter het pre­sies uit­ge­spel wat sy speel­styl sal wees en wat hy van sy spe­lers ver­wag.

“Al­mal was baie op­ge­won­de oor wat hul­le ge­hoor het.

“Hy het ’n baie goeie in­druk op al­mal ge­maak en was selfs vol grap­pies en het ons op ons ge­mak laat voel,” het W­hi­te­ley ge­sê.

“Hy het na el­ke spe­ler ge­stap en hom op sy naam ge­groet.

“Dit het ’n baie goeie in­druk ge­maak. Jy kon sien hoe el­ke ou in daar­die ver­trek se ge­sig op­ge­hel­der het. Daar is ge­moe­de­lik met elk­een ge­sels en daar was geen on­se­ker­heid oor wat hy wil hê nie.

“Hy het ook el­ke lid van sy be­stuur­span aan ons voor­ge­stel en ge­sê wat elk­een se taak sal wees.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.