Krie­ket eis tie­ner

Beeld - - Sport -

D­ha­ka. – ’n Tie­ner is dood na­dat hy glo in Bangla­desj ty­dens ’n buurt­krie­ket­wed­stryd deur ’n kol­wer met ’n paal­tjie ge­slaan is. Die spe­ler het glo die skeids­reg­ter oor ’n fout­bal­be­slis­sing ge­trei­ter, be­rig die Ti­mes of In­dia. Die voor­val was eer­gis­ter hier in D­ha­ka, die hoof­stad, het ’n woord­voer­der van die po­li­sie aan AFP be­ves­tig. Die 16­ja­ri­ge slag­of­fer, Ba­bul S­hik­dar, was paal­tjie­wag­ter in die wed­stryd. Hy is glo ag­ter die kop ge­slaan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.