Jy lag, maar die on­ge­mak bly sit

Beeld - - Flieks - La­e­ti­tia Pop­le

al) tot ge­volg het, word on­der­soek. Als met ’n ef­fe i­ro­nie­se oog en ge­maak saak­li­ke hu­mor.

Fey se dap­per­stap­per ver­tol­king van Ba­ker is kos­te­lik. Aan­vank­lik is Ba­ker uit haar diep­te, ver­al in ver­ge­ly­king met die blon­de bom Ta­nya (Mar­got Rob­bie) wat veel meer hits as sy kry.

Eer­lik­waar, die he­le sto­rie is om la­ter van siek te word. Die joer­na­lis­tiek lyk hier sleg.

Die re­gis­seurs G­lenn Fi­car­ra en John Re­qua steek die draak met als. Reeds met die pla­sing van Fey, T­horn­ton, Mar­tin F­ree­man as­ook Alf­red Mo­li­na moes die ky­ker lont ge­ruik het.

Jy lag jou ’n pa­pie, ver­al waar Ba­ker haar min­naar (F­ree­man), wat deur re­bel­le ont­voer is, gaan red met Har­ry Nils­son se siek­soet lied­jie “Wit­hout You” as klank­baan vir ’n oor­dre­we mi­li­tê­re o­pe­ra­sie. Die erns van die ge­ge­we word ge­reeld met so ’n kitsch, mu­si­ka­le ver­sna­pe­ring ge­prik.

Dan spook beel­de van die wa­re ont­voer­de, ont­hoof­de en ver­moor­de joer­na­lis­te, sol­da­te en bur­ger­li­kes in jou ag­ter­kop. Als hier word dan be­son­der on­smaak­lik en hei­ligs­ken­nis. Dit was waar­skyn­lik die re­gis­seurs en Kim Bar­ker se punt.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.